Boere in bakkies baklei terug

2010-08-26 09:00
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Die plaasaanvaller het op die kattebak van ’n bewegende wegkommotor gespring, toe duik Hardus Aucamp (25) ook daarop.

Soos in ’n aksiefliek het hulle sowat 400 m ver op ’n plaaspad gestoei terwyl albei aan die motor vasklou.

By die hoofpad tussen Ermelo en Hendrina het albei afgeval.

Aucamp het nog die motor se nommerplaat afgebreek.

“Ek het geweet ons het dan ten minste ’n leidraad om die voertuig op te spoor.”

Die aanvaller het die nag in verdwyn.

Teen dié tyd het een van sy makkers reeds dood in die Aucamps se huis gelê.

Kort daarna is nog twee verdagtes vasgetrek nadat sowat 60 bakkies vol boere op ’n noodroep gereageer het.

Teen gisteraand was Anton Greeff (50), bestuurder van die plaas Spitskop, nog in ’n bedenklike toestand in die Netcare-Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat die aanvallers hom eergisteraand in die maag gewond het.

Hein Aucamp (57), plaaseienaar, is in die linkerhand en boarm gewond en het gister ’n noodoperasie in die Life-Midmed-hospitaal in Middelburg ondergaan.

Die aanval het omstreeks 19:00 plaasgevind op die plaas, waar die Aucamps ook ’n vakansieoord bedryf.

“Toe ek by die kantoor instap, het ek trompop in ’n klomp rowers met vuurwapens vasgeloop.

Twee van die rowers het my ma, Erika (54), met vuurwapens aangehou.

Ek het net op my knieë neergesak en gesmeek hulle moet ons nie skiet nie,” het Aucamp jr. vertel.

’n Rower het hom met ’n pistool in die gesig geslaan.

“Ek het gemaak of ek bewusteloos is en skelm-skelm my pa, wat daar naby saam met oom Anton gekuier het, met my selfoon gekontak.”

Aucamp sr. en Greeff het by die kantoor ingestorm.

’n Vuisgeveg het gevolg en skote het geklap.

Die rowers het verskeie skote geskiet voordat hulle gevlug het.

Een het op die vloer bly lê en is later dood.

Vier rowers het in ’n wagtende Toyota Corolla gespring en weggejaag.

Dis toe dat die vyfde agterop die motor spring, met Aucamp jr. agterna.

Dries van Rensburg, veiligheidsvoorsitter van TLU SA se oosstreek, was kort ná die aanval op die plaas.

“Ons het dadelik ’n noodroep na boere gestuur om te kom help. Binne ’n kort rukkie het sowat 60 bakkies vol boere opgedaag.”

Net buite Hendrina is twee mans, onderskeidelik 29 en 34 jaar oud, in die bloedbesmeerde motor in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes verskyn vandag in die hof in Ermelo, het kapt. Carla Prinsloo, polisiewoordvoerder, gesê.

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.