Boere haal kankerlyer se oes van die lande

2009-11-29 13:37
Tweets Share Share line Print

Oom Angus Buchan het aan hom gesê die Here gaan sy kankerdiagnose gebruik om sy gemeenskap bymekaar te bring. En só het dit ook gebeur…

Mnr. Jurianne Schreuder (38), Buchan se seremoniemeester, het Woensdag aan Rapport vertel hoe 19 medeboere sy oes van die land kom haal het nadat ’n kankergewas hom platgetrek het.

Schreuder, ’n aartappel- en koringboer van die plaas Theefontein, moes sowat twee maande gelede ’n operasie ondergaan waarin twee gewasse – waarvan een kanker was – uit sy bobeen verwyder is. Hy moes daarna 33 bestralings kry.

“Dit was ’n geweldige uitdaging vir my omdat die gewas in my boud was. Ek het baie met myself geworstel oor wat ek sou doen.”

Die volgende oomblik het sy vriend Jaco Slabbert gesê hulle wil ’n oesdag reël en dat boere in die omgewing bereid is om te help.

En verlede Saterdag het 19 boere by Theefontein aangekom met hul trekkers vol diesel – gereed om te oes.

Volgens Schreuder het die boere op een dag 300 ha en 1 000 t koring geoes.

“Dit was vir my ’n bonatuurlike gevoel om te weet soveel mense gee vir my om,” sê Schreuder.

“Baie mense dink ons staan alleen in tye van nood, maar ek het die naweek ervaar hoe mense werklik omgee. Ek het later begin skuldig voel dat mense my kom help het.”

Hy sê die boere het in een dag gedoen wat hom langer as ’n week sou geneem het en het nie ’n sent gevra nie. Een boer het al vyf sy trekkers gebring – as Schreuder hom vir sy arbeid en diesel moes betaal het, sou dit R40 000 beloop het.

Slabbert het gesê hy sal dit enige tyd weer vir Schreuder doen. Die twee mans ken mekaar sedert hulle in doeke was.

“Die boere het dit uit hul harte uit gedoen omdat Jurianne altyd tyd het vir sy medemens.”

Buchan het gesê dit is ’n fantastiese herlewing en bewys dat die Here deur mense werk. “Toe ek hoor wat gebeur het, het dit my diep geraak.”

- Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport.

Lees meer oor: theefontein  |  kanker  |  oes  |  angus buchan

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.