Boere glo grootste kragdiewe in die land

2011-05-22 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Boere is glo die grootste kragdiewe in die land en verantwoordelik vir meer as die helfte van die elektrisiteit wat by Eskom gesteel word.

’n Nasionale oudit onder Eskom se medium- tot groot verbruikers toon die grootste voorkoms van kragdiefstal is in die landbousektor, sê Maboe Maphaka, bestuurder van kragverliese by Eskom.

“Eskom raam dat boere verantwoordelik is vir tot 48% van die krag wat in die landbousektor gesteel word,” sê Maphaka.

Dit is ’n skokkende tendens onder boere, sê hy.

Volgens Maphaka sit sindikate agter die diefstal en hulle help boere teen betaling om onwettig hul elektrisiteitsverbruik te verlaag.

Vir sowat R3 000 word aan boere se elektrisiteitsvoorsiening gepeuter op ’n wyse wat meterlesers nie agterkom nie, sê Ma­phaka.

Drade word “verby” elektrisiteitsmeters regstreeks na die boer se eiendom gelê en daar word ook aan meters gepeuter, sê hy.

Ander partye soos elektrisiëns en Eskom-werkers is ook betrokke by die diefstal, sê hy.

“In ons ondersoek is bevind dat daar in sekere gebiede by meer as 80% van die elektrisiteitspunte aan die krag gepeuter is,” sê Maphaka.

“Eskom het nou ’n beleid van ‘geen verdraagsaamheid’ ingestel. Boere wat krag steel en die wet oortree, sal beslis vervolg word,” waarsku hy.

Johannes Möller, president van Agri SA, sê Eskom moet versigtig wees om net boere hiervoor te blameer.

Hoewel Eskom in sy berekeninge geen onderskeid tref tussen boere en enige ander verbruiker in landelike gebiede nie, word net boere uiteindelik verantwoordelik gehou vir die kragverliese in hierdie gebiede, sê Möller.

“Ek is daarom nie oortuig van Eskom se syfers nie,” sê hy.

Volgens Möller kan boere ook onwetend krag steel.

Daar is gevalle waar konsultante beloftes aan boere maak om hul kragverbruik te verlaag en wat sonder die boer se medewete verstellings aan hul kragvoorsiening maak en aan hul meters peuter, sê Möller.

“Ek wil nie sê dat daar nie ’n probleem is nie. Ons is baie bekommerd dat daar ’n neiging in die landbousektor ontstaan het om krag te steel en ons beplan om baie meer uitgesproke hieroor te wees in ’n poging om dit te bekamp.”

Boere wat krag steel, word onregverdig bevoordeel bo wetsgehoorsame boere en dit moet stopgesit word, sê Möller.

“Uiteindelik moet die res van ons ook meer betaal vir krag omdat daar mense is wat dit steel,” sê hy.

Konsultante sal in die toekoms geakkrediteer moet wees by sowel Eskom as Agri SA om beter beheer in die bedryf te verseker, sê hy.

- Rapport

Lees meer oor: elektrisiteit  |  boere  |  eskom

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.