Boere eis plan van provinsiale regering oor waterkrisis

2010-11-15 08:00
Tweets Share Share line Print


Die Burger

Kaapstad - Die krisis in Suid-Afrika is nie grond nie, dit is water.

Wes-Kaapse boere wil dringend met die provinsiale regering vergader oor dié waterkrisis, het Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gister by navraag aan Die Burger gesê.

“Ons wil ’n plan hê oor hoe waterbronne bestuur gaan word in die toekoms, hoe riviere oop en skoon gehou gaan word en op watter maniere die impak van plakkerskampe op rivieroewers verminder kan word. Rioolwerke moet ook voldoen aan veiligheidsvoorwaardes om waterbesoedeling te keer.”

Watertekorte bly ’n realiteit in die Wes-Kaap, het die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewing en toerisme, Anton Bredell, gesê. Die gehalte van water in riviere is ook besig om baie agteruit te gaan.

Maar die droogte knak nie net boere nie. Dorpe se watervoorrade droog op en selfs in die Skiereiland is inwoners gemaan om water te bespaar.

In Beaufort-Wes het die krisis met die dorp se dam wat opgedroog het, vererger. Die boorgatwater raak ook minder en daar word nou met die weermag gereël om water aan te ry. Ook in Dysselsdorp en De Rust dreig ’n watertekort. Knysna en Bitou het slegs drie tot ses maande se watervoorraad, het Bredell gewaarsku.

Vrydagaand het Laingsburg se dorpswater ook opgedroog. Volgens Bredell is daar fonteinwater, maar die pyp waarmee water na die dorp gelei word, is te dun.

In Kaapstad het die stadsraad gewaarsku dat mense in die suidelike deel van die Skiereiland water moet bespaar. Die laer as gemiddelde reënval die winter het daartoe gelei dat die Steenbrasdam en damme bo-op Tafelberg en by Simonstad se vlakke laag is.

Die Kleinplaasdam is slegs 57% vol ná die winterreën en die Lewis Graydam slegs 32% vol.

Inwoners van Vishoek,Clovelly, Sun Valley en Ocean View tot by die suidelik punt van die Skiereiland moet water bespaar, want indien daar nog ’n droë winter volg, sal dié damme reeds leeg wees.

Inwoners oor die hele Kaapstad is ook deur die stadsraad daaraan herinner dat gesuiwerde water nie tussen 10:00 en 16:00 gebruik mag word om tuine en grasperke nat te lei nie.

Om alles te kroon, gaan inwoners van die Kaapstad-metropool en die Weskus van vandag af behoorlik weet dit is droog en warm. Temperature van tot 40°C word verwag. Mense is ook gewaarsku teen ’n erge brandgevaar.


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: wes-kaap  |  waterkrisis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.