Boere-Viking val monument aan

2010-11-07 13:03
Tweets Share Share line Print

Rapport

Die sogenaamde Boere-Viking sê sy godsdienstige oortuigings het hom genoop om die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby eMalahleni (Witbank) stukkend te kap.

Die “penis van Satan” hoort nie op ’n “Boere-monument” nie, het Günther Jurgens Kotzé Donderdag aan Rapport gesê.
Volgens die 32-jarige Kotzé, wat op borgtog en onder huisarres is nadat hy onlangs saam met oudkmdt. Willem Ratte in hegtenis geneem is, is obeliske simbolies van die merk van die dier en daarom moes hy die bepaalde gedenknaald volgens die derde gebod in die Bybel vernietig.

Hy het dit sowat twee weke gelede “op ’n dag van boetedoening” ná 15 dae in die tronk gedoen.

Hy, Ratte en ander word onder meer aangekla van die onwettige besit van wapens en dwelmhandel.

Kotzé werk op ’n plaas vir Ratte deur onder meer die kombuis skoon te hou en by die Volksmoord-museum toesig te hou. Die kerkhof is langs die museum.

Kotzé het foto’s van en verduidelikings oor sy verwoesting van die gedenknaald op sy Facebook-blad geplaas en volgens hom het hy dit ook per e-pos aan mense gestuur.

Hy sê hy behoort nie aan ’n kerk nie, maar is ’n “Sewe”, iemand wat Vrydagaande en Saterdae as die Sabbat gedenk.

Dit is net hierdie mense wat volgens hom “die groot verdrukking” gaan oorleef wat op pad is.

Dr. Jackie Grobler, kultuurhistorikus en kenner van konsentrasiekampe, het die beskadiging van die monument as “ ’n tragedie” bestempel.

“Dit maak my hartseer as ons mense ons eie monumente skend. Dit is ’n simptoom van ’n verwarde gemeenskap.”
Grobler sê verskeie Anglo-Boereoorlog-monumente, maar ook uit die ZAR-tyd voor die oorlog bestaan uit gedenknaalde, soos die Vroue- en die Paardekraalmonument.

“Ek dink nie destyds se mense het énige godsdienstige verbintenis aan gedenknaalde geheg nie. Dit was bloot die teksboekvoorbeeld van hoe ’n monument moet lyk.”

Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, het die voorval by die SA Erfenishulpbronagentskap aangemeld.

“Sulke wandade in die naam van ekstremistiese geloof kan nie geduld word nie, nie in Afganistan nie en ook nie in Suid-Afrika nie,” sê hy.

Die Balmoral-terrein is in onderhandelings tussen die stigting en die agentskap as een van 15 prioriteite uitgewys.

Die stigting wil, met staatsfinansiering, die instandhouding van
alle konsentrasiekamp-kerkhowe van die Anglo-Boereoorlog, burgergrafte en krygsgevangenekampe in die buiteland oorneem.

’n Ooreenkoms hieroor kan binne dae onderteken word.

Troy Phili, die agentskap se bestuurder van begraafplase en grafte, sê alle grafte van slagoffers van konflik is beskermde terreine.

Verder is die beskadiging van ’n monument kragtens die Wet op Erfenishulpbronne ’n oortreding wat deur die polisie ondersoek moet word.

Die agentskap doen sy eie ondersoek na die voorval en oorweeg of hy hom as klaer wil voeg in die klag wat Piet Rudolph Woensdag namens die Orde Boerevolk by ’n Pretoriase polisiekantoor teen Kotzé ingedien het.

Volgens kapt. Leonard Hlati, ’n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was die dossier teen Donderdag nog nie na eMalahleni oorgeplaas nie.

- Rapport

Lees meer oor: willem ratte  |  dwelmhandel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.