‘Boere-Viking’ gestraf

2010-12-02 08:16
Tweets Share Share line Print

Gerhard Pretorius

Johannesburg - Günther Kotze (32), die sogenaamde “Boere- Viking”, het skuld beken op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy ’n gedenknaald van ’n boeremonument afgebreek het.

Kotze is Woensdag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) gevonnis tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.

Hy het erken hy het die gedenknaald van die Balmoral- konsentrasiekamp­monument naby eMalahleni stukkend gekap.

Kotze, wat homself verdedig het, het gesê hy is baie jammer oor wat hy gedoen het, al was dit volgens sy geloofsoortuiging reg om die naald af te breek.

“Die gedenknaald is ’n obelisk en ’n belediging vir my geloof. Dit behoort met ’n kruis vervang te word.

“Ek is wel jammer oor wat ek gedoen het. Ek het op daardie oomblik nie gedink wat ek gedoen het nie.

“Ek en twee ander mans het die monument gaan regmaak,” het Kotze in die hof gesê.

Dit het R6?000 gekos wat deur oudkmdt. Willem Ratte en Eugene Bekker betaal is.

Kotze, Ratte en Bekker staan met sewe ander tereg op aanklagte van onder meer diefstal, dwelmhandel en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Hulle is tydens ’n polisieklopjag by ’n jeugherberg in Balmoral in hegtenis geneem.

Landdros Daleen Venter het gesê hoewel Kotze die reg het tot vryheid van geloof, het hy nie die reg om ander se eiendom te beskadig nie.

“Jy moet verstaan dat daar ander gelowe is en dat hulle ook gerespekteer moet word. Jy het egter ook die volste reg om jou geloof te beoefen.

“Ek kan sien jy berou jou dade en die hof neem dit in ag as dit by vonnisoplegging kom.”

Nadat Venter hom tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis het, het Kotze met ’n groot glimlag by die hof uitgestap en sy oom, mnr. Louis Viviers, omhels.

Kotze het aan Beeld gesê dat die tronk “soos ’n vakansieoord is met k***erige kos en geen kamerbediening nie”.

- Beeld

Lees meer oor: geloof  |  boere  |  hof  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.