Boere, Eskom praat oor verskaffing
2010-08-07 00:33
Johannesburg – Die landbousektor en die Eskom het ‘n komitee saamgestel om boere se bekommernisse oor die kragreus se dienslewering aan te spreek, het die landbou-organisasie TLU-SA Vrydag gesê.
Die komitee is gestig ná indiepte gesprekke tussen die landbou-organisasie en die kragverskaffer, het Chris Van Zyl, TLU-SA se assistant algemene bestuurder, gesê.
“Boere is al hoe meer bekommerd oor die diensvlakke van Eskom en sy kontrakteurs, veral in die landbousektor en wat die impak oor die langtermyn op voedselsekuriteit kan wees.”
Die komitee was ‘n inisiatief van Eskom en georganiseerde landbou en ander belangstellende partye sal ook betrek word.
“Die Eskom-afvaardiging het aangedui dat hulle die problem wil oplos en dat hulle vennote soek om met die bestuurproses te help,” het Van Zyl gesê.
Hy het gesê TLU-SA is besig om ‘n landswye opname te doen om die presiese aard van die probleme wat boere ervaar, vas te stel.
Die bevindings sal aan die komitee beskikbaar gestel word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA