Boer, werknemer in hof oor dagga
2011-10-12 19:59
Johannesburg – ‘n Boer en sy werknemer het in die Barberton-landdroshof verskyn in verband met ‘n daggaplantasie, het die polisie in Mpumalanga Woensdag gesê.
Gert Goosen (51) en Izaak van Zyl (27) is elk op borgtog van R5 000 vrygelaat, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.
Die kwessie is tot 11 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Volgens Hlathi is die twee vroeër Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n daggaplantasie gevind het op Goosen se plaas, Bormasdrift, in Barberton.
Die plantasie het ‘n geskatte waarde van sowart R27 000.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA