Boer ‘weerloos’ sonder vuurwapen

2009-12-14 07:22
Tweets Share Share line Print

Jan Gerber

Stellenbosch -’n Bolandse boer wat tydens ’n gewapende roofaanval op hom en sy sekretaresse, ’n rower op sy plaas doodgeskiet het, voel nou erg weerloos nadat die polisie sy vuurwapen afgeneem het terwyl die oorledene se drie makkers steeds op vrye voete is.

David de Villiers (39) van die plaas Flenterskloof by Simondium buite die Paarl, en sy sekretaresse is Vrydag omstreeks 15:40 in hul kantoor deur vier rowers oorval en met maskeerband vasgemaak.

Hulle het daarin geslaag om los te kom, waarop De Villiers sy vuurwapen bekom en een van die rowers wat op hom afgestorm het, doodgeskiet het. Die ander rowers het gevlug en is steeds soek, het kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, gister gesê.

Volgens hom is beslag op De Villiers se vuurwapen gelê sodat dit vir ballistiese toetse gestuur kon word.

De Villiers het aan Die Burger gesê die beslaglegging op sy wapen laat hom met ’n gevoel van weerloosheid. “Sou iemand nou wou terugkom om wraak te neem omdat sy maatjie nie saam met hulle weggekom het nie, het ek geen manier om my te verdedig nie.

“In die eerste plek is die vuurwapen gebruik omdat dit ’n geval van lewe of dood was.”

Van Wyk het by navraag aan Die Burger gesê die polisie verleen nie 24 uur persoonlike beskerming nie, maar sigbare patrollering sal gedoen word.

Volgens De Villiers het die polisie Vrydag aanbeveel dat hy en sy sekretaresse traumaberading kry.

“Vir my sekretaresse sal ek dit beslis moet laat doen. Sy is stukkend. Sy was alleen in die kantoor. Ek was nog nie daar toe die rowers haar met maskeerband aan die tafel vasgemaak het nie.

“En toe hou hulle ’n vuurwapen teen haar kop en eis dat sy die kluis moet oopmaak. Maar sy kon nie. Hulle weet mos nie of sy regtig nie die kode ken nie. Dit was vir haar baie erg.”

Die polisie het ’n moorddossier geopen. “Ná ’n volledige ondersoek sal die saak na die vervolgingsgesag verwys word vir ’n beslissing,” het Van Wyk gesê.

Hy het gesê die identiteit van die rower wat gesterf het is bekend, maar dit kan vir ondersoek-doeleindes nie nou bekend gemaak word nie.

- Die Burger

 

Lees meer oor: misdaad  |  doodgeskiet

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.