Boer, voorman vrygespreek

2010-06-16 11:02
Tweets Share Share line Print

Johan Brits

Bloemfontein – Weens swak getuienis is ’n Kroonstadse boer en sy plaasvoorman wat in die tronk beland het nadat hulle ’n vermeende plaasaanvaller glo ontwapen en in die proses beseer het, in die hof hier op aanklag van aanranding vrygespreek.

Die staat kon nie bo redelike twyfel bewys Chris Grobler (23) en sy werknemer Eugene Lloyd is aan dié misdryf skuldig nie.

Leeu Monyamane (43), die vermeende aanvaller wat dié klag teen Grobler en Lloyd ingedien het, het tydens die verhoor sy weergawe van die gebeure op dié dag in Maart verskeie kere verander.

Ook dít het meegebring dat landdros Neels de la Rey die aanklagte teen Grobler en Lloyd ingevolge art. 174 van die Strafproseswet laat vaar het.

Christo Grobler, Grobler se pa, het vroeër aan Volksblad gesê Grobler jr. het die polisie laat kom toe Monyamane, ’n “gewese” plaaswerker, “moles” op die plaas Labri gemaak het. Die polisie het die man verwyder.

Die volgende aand was Monyamane terug.

Toe Grobler jr. hom glo weggewys het, het Monyamane na bewering ’n mes uitgepluk en na Grobler jr. gesteek.

Grobler jr. het die mes afgevat en die aanvaller het hard met die aarde kennis gemaak.

Monyamane het glo sy hand gebreek en ribbes seergemaak.

Monyamane het Grobler jr. by die Heuningspruit-polisie gaan verkla en Grobler jr. en Lloyd is in hegtenis geneem.

Dié twee het ’n nag in die tronk op Koppies deurgebring. Hulle is op borgtog van R500 elk vrygelaat.

Terwyl die Groblers bitterlik kwaad was vir die Heuningspruit-polisie, het ’n groot groep van die gemeenskap hul by dié polisiekorps en in besonder hul “Black Barbie” – die troetelnaam van die Heuningspruitse bevelvoerder, kapt. Thenjiwe Mkhumbeni – geskaar.

Hulle het gemeen die mans sou nie sonder goeie rede in hegtenis geneem gewees het nie.

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  hof  |  plaasaanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... "Kan" daar waar die "wil" ontbreek! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

COOPER S CONVERTIBLE
2006
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2005
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.