Boer vermoor, vrou aangerand
2012-01-14 15:59
Johannesburg – 'n Boer van Noordwes is vermoor en sy vrou is aangerand nadat vyf mans vroeg Saterdagoggend toegang tot hul huis in Ventersdorp gekry het, het die polisie gesê.
Volgens kapt. Adele Myburgh het die voorval om 04:10 gebeur.
"'n Worsteling het tussen die verdagtes en die boer, wat in sy vyftigs is, ontstaan. Die boer is in die aanval oorlede terwyl sy vrou erg aangerand is. Die boer se suster het ligte beserings opgedoen."
Die verdagtes het gevlug nadat hulle verskeie items uit die huis gesteel het.
Volgens Myburgh is die polisie besig om leidrade op te volg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA