Boer verloor haar spogplaas

2009-09-02 10:35
Tweets Share Share line Print

Karen Ebersohn

Bloemfontein – ’n Handjievol brandmaer beeste, skape en varke is al wat oor is van die voormalige spogplaas, Vergesocht, buite Bloemfontein.

Die regering het die plaas aan ’n vroueboer verhuur.

Kero (Karoline) Kgobe (46), wat deur die Vrystaatse landboudepartement as Vroueboer van 2008 aangewys is, is deur die departement van landelike ontwikkeling en grondsake van Vergesocht afgesit.

Eergister is Kgobe se luukse leerbanke, ’n groot plasma­skerm-TV, ontwerpersklere, rekenaars en stoele deur die Bloemfonteinse balju uit die eens luukse plaashuis verwyder.

Haar afsetting kom ná ’n bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein. Kgobe moes reeds teen 25 Julie van die plaas gewees het, maar het nie verhuis nie.

Tussen Kgobe se huisinhoud het ses uitgeteerde honde rondgesnuffel. Toe die kombuis-inhoud deur die balju uitgedra is, het die honde ’n brood met plastieksak en al gegryp en verorber.

“Ek het nie vir die plaas gevra nie. Waarom het hulle dit vir my gegee en neem hulle dit weer weg? Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe die regering besig is om sy mense in die steek te laat,” het ’n ontstoke Kgobe gesê.

Sy het gesê die departement van grondsake het haar nie eens alternatiewe verblyf aangebied nie.

“Wat is ek nou veronderstel om te doen? Ek het nêrens heen om te gaan nie.”

Gani Ramagaga, uitvoerende hoof van Vrystaatse landelike ontwikkeling en grondsake, het gesê daar was baie geldige redes waarom Kgobe gevra is om die plaas te verlaat. Sy het ’n kroeg op die plaas begin en drank verkoop. Dit het onder meer gelei tot die moord op ’n vrou deur ’n plaaswerker.

Sy het ook gedurig met haar bure baklei, haar plaaswerkers verhinder om hul werk te doen en het ook geëis ’n deel van die plaas moet op haar naam gesit word.

Ramagaga het gesê die departement se ooreenkoms met haar was dat sy ses maande lank op die plaas kon boer.

Haar kontrak is weens die misstappe nie hernu nie. Kgobe het geweier om die plaas te verlaat en die saak is na die hooggeregshof verwys, wat beslis het sy moet van die plaas af.

Ramagaga het gesê alternatiewe verblyf is aan haar gegee. Dit is ’n plaas, Portion 11, Westminster, Tweespruit. Sy is ook R30 000 gegee om daar te boer.

- Beeld

Lees meer oor: landbou

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.