Boer vas ná hy glo seun (14) doodskiet

2011-10-20 09:03
Tweets Share Share line Print

Polokwane – ’n Boer van Groblersdal, Limpopo, is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 14-jarige seun doodgeskiet het wat op sy plaas visgevang het.

’n 17-jarige seun is ook gewond in die voorval Dinsdag in die Krokodilbrug-gebied.

Piet Swart (57) is in polisie-aanhouding en sal vandag in die hof verskyn.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Swart het Dinsdagmiddag laat vier seuns by ’n dam op sy plaas sien visvang.

Die seuns is tussen 14 en 17 jaar oud. Hulle woon blykbaar op ’n buurplaas, waar hul ouers werk.

Hulle het glo nie toestemming gehad om in die dam vis te vang nie en het weggehardloop toe hulle agterkom Swart het hulle raakgesien.

Otto het gesê Swart het daarna na bewering met ’n haelgeweer op die groep tieners geskiet.

Die 14-jarige seun is in die kop getref en die 17-jarige in die linkerhand.

Die ander twee seuns het weggehardloop.

Die boer het die twee gewonde seuns na ’n hospitaal in Groblersdal gevat.

Die 14-jarige is daar dood verklaar. Die ander seun se wonde is behandel en hy is ontslaan.

Swart is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem en is sedertdien in die aanhouding in die polisieselle.

Otto het gesê hy sal Donderdag op aanklag van moord en poging tot moord in die landdroshof in Groblersdal verskyn. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.