Boer tweede keer in huis oorval

2010-07-23 06:44
Tweets Share Share line Print

Bethlehem – Hy het in sy eie bloed gelê en voorgegee hy is dood. Nadat sy aanvallers weg is, het hy die 150 m na sy plaaswerkers se wonings gestrompel om hulp te soek.

Só vertel Gert Lange (67) van die plaas Vaalbank naby Bethlehem wat Woensdagaand die tweede keer vanjaar in sy plaashuis aangeval is.

Lange, wat dié huis huur en ook op sy eie plaas by Kransfontein met beeste boer, oorweeg dit nou om als te verkoop en pad te gee.

“Die dokters sê vir my hulle kan nie verstaan dat ek nie geskok is nie. Dié keer was daar niks in die huis om te steel nie. In Januarie het hulle al my gewere en geld gevat. Als wat ek gehad het, is reeds gesteel,” het Lange Donderdag byna emosieloos in die Dihlabeng-hospitaal op Bethlehem gesê.

“Ek het laataand by die verwarmer gesit en televisie kyk toe ek iets in die kamer hoor. Ek hoor nie meer so goed nie. Ek dog dit is die hond.

“Toe ek die deur oopmaak, het drie mans met klapmusse my oorrompel en vasgebind. Hulle wou geld hê,” sê hy.

Lange het gesê al sy geld en gewere is reeds gesteel.

Die mans het hom in sy gesig en bors met ’n mes gesteek.

Hy is ook herhaaldelik in sy ribbes, gesig en teen sy kop geskop.

Die wond in sy bors was gelukkig nie diep genoeg om sy hart te deurdring nie.

“Ek was nie bang of geskok soos die eerste keer nie. Ek het niks meer oor nie.”

Lange het daarna gemaak asof hy dood is.

Die mans het weer verby geloop om te kyk of hy lewe.

“Dit het gelyk asof ’n skaap geslag is. Ek het baie stil gelê,” sê hy.

Die mans het met sy eenton- vragmotor gevlug, maar die voertuig het op pad na Lindley sonder brandstof gaan staan.

Die polisie het Donderdag die voertuig aan hom terugbesorg.

Hy sê een van sy werkers het die polisie gebel, wat baie vinnig gereageer en ’n ambulans ontbied het.

“Ek weet ek was gelukkig. Die tweede aanval was eintlik baie gevaarliker. Hulle wil al die boere doodmaak. Hoe wreder dit is, hoe lekkerder kry hulle. Ek oorweeg dit nou om te trek. Dit raak nou net te rof hier,” sê hy.

Lange oorweeg dit nou om na sy kinders op Upington te trek.

Hy sê hy vermoed die gemeenskap praat onder mekaar dat die boere geld in hul huise het. Hy het voor die vorige aanval beeste vir duisende rande verkoop. Hy glo die inligting lek uit en dan kom die mense vir die geld.

“Mens moenie geld in jou huis hou nie,” sê hy.

Sers. Mmako Mophiring, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.