Boer kry drie keer lewenslange tronkstraf
2010-11-08 22:12
Johannesburg – Die veroordeelde moordenaar, Marthinus Esterhuizen is Maandag in die rondgaande hof op Beaufort-Wes tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis, het die SABC berig.
Die 44-jarige plaasopsigter het die 85-jarige volksanger Helena Nuwegeld, Hendrik September (64), haar man, Mistas John (38) verlede Desember op die plaas Nooitgedacht sowat 25 km buite Beaufort-Wes vermoor.
John Hlophe, Wes-Kaapse regspresident, het die verdagte se vonnis opgelê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA