Boer sterf wreed in plaashuis

2010-10-28 06:20
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Warden - ’n Boer is Dinsdagaand in sy plaashuis vermoor deurdat hy na bewering herhaaldelik met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Sy vasgebinde vrou het onbeseer daarvan afgekom, maar moes vir skok behandel word.

Die slagoffer is Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop naby Warden. Sy vrou, Marie (55) is deur plaaswerkers met haar hande vasgebind gekry.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het na bewering Woensdagoggend omstreeks 07:00 aan die deur van die Van Wyngaards se plaashuis geklop om hul werkgewer wakker te maak. Hulle het egter geen reaksie gekry nie.

Mophiring sê die werkers het daarna deur die vensters probeer loer en Van Wyngaard geroep.

Hulle het in die huis ingegaan waar hulle mev. Van Wyngaard op ’n rusbank gekry het.

Sy was bedek met ’n kombers en haar hande was agter haar rug met ’n plastieksak vasgebind.

Die werkers het haar hande losgemaak en mnr. Van Wyngaard gaan soek.

Hulle het hom dood in die egpaar se slaapkamer gekry en die polisie ontbied.

Volgens Mophiring is Van Wyngaard herhaaldelik met ’n skerp voorwerp gesteek.

Mev. Van Wyngaard is na ’n dokter gebring waar sy vir skok behandel is.

Volgens Mophiring was daar geen aanduiding van ’n inbraak nie en is niks gesteel nie.

Waardevolle items soos Wyngaard se beursie en selfoon was steeds in die huis.

’n Klag van moord word ondersoek.

Woensdag laat was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting, word versoek om die naaste polisiekantoor of die Crime Stop-nommer by 08600-10111 te bel.

- Volksblad

Lees meer oor: moord  |  misdaad  |  plaasaanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.