Boer spring dood net-net vry

2010-01-15 10:34
Tweets Share Share line Print

Petrus Steyn – Een keer, twee keer, drie keer is die sneller getrek, maar nie ’n enkele skoot is afgevuur nie.

Jan van der Westhuizen (59), ’n melkboer in die distrik hier, het Donderdag gesê hy dank God dat nie een van die skote afgegaan het toe ’n inbreker hom wou doodskiet nie.

Van der Westhuizen bly saam met sy seun, GF, op die Houtnek-kleinhoewe.

Hy sê Donderdag voor 06:00 het hy en sy seun die huis verlaat. Van der Westhuizen het sy werkers opgelaai en is na die melkstalle terwyl sy seun na die plaas waar hy werk, vertrek het.

Van der Westhuizen sê hy moes ’n toilet besoek en is later terug na die huis.

“Ek het die deur oopgesluit en binnegegaan.”

Hy het dadelik onraad vermoed toe ligte in die huis aangeskakel was.

Boonop het hy drankbottels in die portaal opgemerk wat uit die drankkabinet in ’n ander vertrek gehaal is.

Hy was op pad na die kombuis toe hy die inbreker by sy dogter se kamerdeur sien staan het.

Die booswig het Van der Westhuizen se .38-rewolwer gehad.

“Wat soek jy in my huis,” het die boer gevra.

Die inbreker het geld gesoek.

Van der Westhuizen het nagenoeg R150 op die grond neergegooi.

Die inbreker het die eerste keer die sneller getrek.

Die boer sê hy kan nie die gevoel wat toe oor hom gekom het, beskryf nie.

“In daardie stadium (toe die skoot nie afgaan nie) het ek besef die Here is aan my kant.”

Die inbreker het Van der Westhuizen eers beveel om op die grond te lê en toe om sy dogter se kamer binne te kom.

“Ek het besluit hy sal skiet. Hy het al geskiet.”

Hy het na ’n ander kamer gehadloop.

Die inbreker moes volgens hom toe nog twee keer die sneller getrek het, maar weer eens het geen skoot afgegaan nie. Die boer het die ander kamer binnegestorm en die deur toegehou totdat die inbreker die hasepad gekies het.

Volgens hom het die inbreker die R150, asook sy seun se selfoon wat hy die oggend by die huis vergeet het, gesteel, maar die rewolwer buite die huis agtergelaat.

Die inbreker het ’n staaldeur oopgedwing en so toegang tot die huis verkry.

Die vermoede bestaan dat daar moontlik nog ’n inbreker in die huis was.

Van der Westhuizen sê nadat ’n werker hom in Desember met ’n panga wou slaan, het hy sy rewolwer saans in sy bedkassie gesit.

Hy het gisteroggend vergeet om die vuurwapen in die kluis toe te sluit en die inbreker het dit in die hande gekry.

Die boer sê toe die inbreker die eerste twee keer die sneller getrek het, was daar slegs doppies in die onderskeie kamers van die rewolwer.

Die derde keer het die hamer aan die agterkant vasgeslaan.

Hy dank sy Skepper dat hy nog lewe.

“As dit nie vir Hom was nie, was ek weg. Sy genade was daar, Sy hand in alles.”

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê niemand is al in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting kan die Petrus Steyn-polisiediens by 058-871-3200, of Stop Misdaad by 08600-10111 bel.

Van der Westhuizen se vrou, Chrissie (61), is drie jaar gelede weens hartversaking dood. Sy dogter, Hesmari, studeer aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein.

- Volksblad

Lees meer oor: skietery  |  plaasaanvalle  |  inbraak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Onpatriotiese werkgewers??? Ek vind groot genot daarin om op jou parade te P - JULLE wat Cosatu is, JULLE wat deel vorm van die onheilige alliansie is verantwoordelik dat werkgewers liewers uitkyk vir dit wat saak maak - hulle besighede. Hulle is nie onpatrioties nie, hulle is realisties. Maar kommuniste het mos geen idee van hoe 'n ekonomie werk nie - weet net hoe om te gebruik, nie om te maak nie Patriote word nie in besighede gevind nie. Patriote word gevind in die gewapende magte, in die staatsdiens, in die politiek en om eerlik te wees, met die manier hoe julle die land plunder, is daar GEEN patriote in ons regering nie. Patriotisme het gesterf in 1992 toe die NP ons 'n rat voor die oe gedraai het Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.