‘Boer soek vrou’ se bruid in hof oor kind

2011-12-18 07:15
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Gert Conradie en Maritza Laubscher van Boer soek ’n vrou-faam is Vrydag op Robertson getroud, maar geen wittebrood wag op die pasgetroudes nie.

Wat wag, is ’n regstryd vir Maritza.

Sy moet môre in die hof verskyn nadat haar eksman, Louis Laubscher van Moorreesburg, ’n dringende aansoek ingedien het om hul sewejarige seun vir die vakansie te kry.

Gert en Maritza het mekaar in die vierde reeks van Boer soek ’n vrou ontmoet, waarna hy haar in die laaste episode gevra het om te trou.

Louis en Maritza is in November 2010 geskei.

Die egskeidingsbevel bepaal die pa sal elke tweede naweek saam met die seun deurbring van regstreeks ná skool op ’n Vrydag tot 17:00 op ’n Sondag.

Die ouers moet toesig in die April- en Desember-Januarie- skool­vakansie deel.

Volgens Erik Louw van Basson & Louw Ing., die pa se prokureur, “word hierdie reëlings net deur Maritza van die tafel gevee”.

Hulle bring nou ’n dringende aansoek dat Louis sy kind vir die vakansie kan sien, waarna hulle wil hê ’n gesinsadvokaat moet ondersoek instel na ’n langtermynoplossing.

Tydens die verfilming van Boer soek ’n vrou moes Maritza Knysna toe gaan, maar sy het geweier dat die seun daardie naweek by sy pa bly.

Die seun het die naweek by sy ouma in Kaapstad deurgebring.

“Die bakleiery tussen Maritza en Louis gaan reeds lankal aan. Sy het hom alle toegang tot die kind geweier. Sy beweer ook Louis gee nie die kind se medikasie vir hom nie.

“Ek het dit onmiddellik in ’n brief reggestel, want Louis hét die medikasie gegee.”

Louw sê die pa is net so bekommerd oor die medikasie wat sy seun ontvang.

“Maritza, ’n aptekersassistent, het aan die pediater gesê die kind is buite beheer. Die sewejarige seun is nou op Risperdal en Ritalin.

“Die pa is nooit in die saak geken nie en hy volstaan daarby dat sy kind nié gedragsprobleme het nie,” sê Louw.

Monja Posthumus-Meyjes van Van der Spuy en Vennote, wat as prokureur vir Maritza optree, het navrae na Ernst Swart, die publisiteitsbestuurder van Boer soek ’n vrou, verwys.

Swart het Saterdagoggend gesê hulle wil nie nou enige kommentaar lewer wat die saak kan belemmer nie.

“Hier is ’n minderjarige kind betrokke wat beskerm moet word. Ons wil nie die storie vooruit loop nie – dis hoekom daar ’n hof en bekwame regters is.

“Die regsproses moet nou sy gang gaan.”

Oor die troue self sê hy dit was ’n “fantastiese troue” en dat Gert en Maritza baie gelukkig is.

Die regte van die troue is aan ’n gesinstydskrif gegee en die gaste is glad nie toegelaat om kameras saam te neem nie.

- Rapport

Lees meer oor: boer soek 'n vrou  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.