Boer skotvry ná trekker-voorval

2010-06-24 08:45
Tweets Share Share line Print

Johan Brits, Volksblad

Vrystaat – ’n Boer van Parys het Woensdag as ’n vry man uit die distrikshof gestap toe ’n aanklag van poging tot moord weens onvoldoende getuienis teen hom teruggetrek is.

Mbulelo April, ’n plaaswerker, het beweer Riaan van der Westhuizen, sy werkgewer, het in Januarie vanjaar met ’n trekker oor hom gery.

Volksblad verneem April het eers dae later op aandrang van ’n ANC-raadslid in die Ngwathe-munisipaliteit (Parys en dorpe) ’n klag ingedien.

April het ook met groot geskal sy weergawe aan die media vertel.

Luidens ’n Engelse dagblad het April gesê Van der Westhuizen het “op hom afgejaag en met die trekker omgestamp”.

Hy het verskeie beenbreuke opgedoen.

Die maande lange nagmerrie het tot ’n einde gekom toe die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Bloemfontein opdrag gegee het om die aanklag terug te trek.

Van der Westhuizen se vorige hofverskyning was in groot omstredenheid gehul toe tientalle mense in opdrag van die burgemeester van Ngwathe teen die mishandeling van plaaswerkers voor die hof betoog het.

Die DA-koukus was erg omgekrap oor dié aanhitsing deur Max Moshodi.

Moshodi het kort voor dié hofverskyning op ’n raadsvergadering gesê raadslede moet na die hof opruk.

Moshodi het aan Volksblad bevestig hy het die byeenkoms voor die hofgebou gereël.

“Ek het ’n uitnodiging aan al die raadslede, selfs dié van die opposisie, gerig om voor die hof te betoog.”

Moshodi sê dié aksie is “niks nuuts” nie en dit is gereël om misnoeë met die omstandighede waarin plaaswerkers hulle bevind, te kenne te gee.

“Mishandeling in plaasgemeenskappe word nie geduld nie.”

Arnold Schoonwinkel, ’n DA-raadslid, het gesê dié aksie deur Moshodi word “betreur”. “Ons vind dit skokkend dat, terwyl die munisipaliteit in ’n benarde finansiële en administratiewe situasie sit, Moshodi sulke optogte reël.”

Betogers is glo met busse na die hofgebou aangery.

Van der Westhuizen het voor landdros Leshnee Pillay verskyn.

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  poging tot moord  |  plase  |  misdaad  |  plaaswerkers  |  boere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.