Boer skiet glo sy vrou, homself

2010-08-17 08:13
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kestell - ’n Pa van vier dogters en suksesvolle boer in die distrik, het na bewering eers sy vrou en toe homself doodgeskiet.

Sers. Majang Mosupa, ’n polisiewoordvoerder, kon slegs bevestig dat twee mense albei met borswonde in hul bed in hul slaapkamer gevind is.

Die polisie wou op versoek van die familie nie kommentaar lewer nie.

Kol. Sam Makhele, provinsiale woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ’n dogter van die egpaar Saterdag omstreeks 08:00 die polisie ontbied het.

Langs een van die lyke het ’n vuurwapen gelê.

Volksblad het deur lede van die gemeenskap verneem dat David Matlokotzi (56) glo eers sy 52-jarige vrou, Mabatho, en toe homself Saterdag in die oggendure doodgeskiet het. Die voorval het op die plaas Montabon plaasgevind.

Volgens ingeligtes was Matlokotzi ook ’n suksesvolle sakeman, wat ’n algemene handelaar op Qwaqwa bedryf het.

Die gesin het ook ’n huis daar gehad.

Hy het jare lank deeltyds die suksesvolle gemengde boerdery in die Kestell-distrik bedryf.

Hy was ’n gevestigde lid van die National Farmers Union (Nafu), asook die Organisasie vir Opkomende Rooivleisprodusente (Nerpo).

Die egpaar se jongste dogter, Kekeletso, wat nou wees gelaat is, is ’n gr. 2-leerling aan die Hoërskool Retief op Kestell se laerskoolafdeling.

Sy was glo tydens die voorval by die huis.

Abrie Beukes, skoolhoof, sê die dogters wat hier op skool was, was almal puik leerlinge. Hulle is egter reeds uit die skool.

Volgens hom was klein Kekeletso nie gister by die skool nie.

Beukes sê die familie het hom slegs Saterdag van die voorval ingelig en sou hom Dinsdag kom spreek.

Een van Matlokotzi se dogters het gister aan Volksblad gesê die familie wil geen kommentaar lewer nie.

“Dit is ’n familie-aangeleentheid. Dit het niks met die publiek uit te waai nie, wat hier gebeur het, is óns probleem.”

Die polisie ondesoek ’n saak van moord.

- Volksblad

Lees meer oor: moord  |  boere  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.