Boer praat oor tenkmoord

2009-08-26 06:52
Tweets Share Share line Print

Garnett Wicomb

Oudtshoorn - “Ek het tot by die plaashek gelieg, maar van nou af praat ek die waarheid.”

Só het mnr. Pieter Botes, die boer van Leeu-Gamka wat tereg staan op aanklagte van kinderverlating, verkragting en die moord op die 13-jarige Elizabeth Martiens, aan insp. Johannes Steyn gesê.

Dié getuienis het gister aan die lig gekom toe drie polisiebeamptes getuig het oor die bekentenis en uitwysings van Botes op sy plaas Weltevrede.

“Ons staan langs die kind,” het Botes aan insp. Jacobus Mouton gesê terwyl hulle in ’n Condor-bussie gesit het.

Volgens Mouton het hy nie verstaan wat Botes bedoel nie en hom verder uitgevra.

“Hy sê toe aan my die kind is in die tenk.”

Hy het twee ander polisiebeamptes, insps. Johan Rossouw en Johannes Steyn, hieroor ingelig, maar nie self in die tenk gekyk nie.

Steyn het gister in die hof hier getuig hy het Botes se woorde aan Mouton gehoor en na hom omgekyk.

“Botes het die woorde herhaal en hoewel hy dit nie gesê het nie, het ek van hom verstaan die kind is in die tenk.

“Dié woorde het deur my kop bly maal.”

Volgens Steyn se getuienis het hy daarna in die tenk gekyk en mensbeendere onder ’n stuk sinkplaat en blou lap sien uitsteek.

“Die voetjie en kop was duidelik sigbaar,” het Steyn gesê.

Ook insp. Andrew Wynne het gister getuig hoe geskok hy was oor Botes se bekentenis.

“Ek was so teleurgesteld dat ek eenkant toe gestap het, omdat ek ook kinders grootmaak,” het ­Wynne gesê.

Adv. Meg Allie is die staatsaanklaer en mnr. Willem Wagener verskyn namens Botes.

Regter Vincent Saldanha word bygestaan deur twee assessore, mnr. Clyde Avontuur en me. Lenie Smit.

- Die Burger

 

Lees meer oor: moorde  |  misdaad  |  kindermoord

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.