Boer op plaas vermoor
2009-11-08 08:28
Johannesburg - 'n Boer is Saterdagaand op sy plaas in Mpoponmeni, Pietermaritzburg, doodgeskiet, het ER24 gesê.
Woordvoerder Derrick Banks het gesê die man, in sy 50's, is gevind in 'n plas bloed met 'n skietwond aan sy kop. Hy is op die toneel dood verklaar.
Ander lede van sy familie is ongedeerd, maar baie getraumatiseer deur die voorval.
Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord was nie.
- Sapa