Boer op plaas geskiet
2009-11-08 03:30
Johannesburg - 'n Boer in sy 50's is met 'n skietwond aan sy kop op 'n plaas in Mpoponmeni, Pietermaritzburg, gevind.
Die man is met die paramedici se aankoms op die toneel in 'n plas bloed gevind en op die toneel dood verklaar.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê ander familielede van die man is ongedeerd, maar is erg getraumatiseer deur die voorval.
Die motief vir die skietvoorval is nog nie bekend nie.
– Sapa