'Boer moet trap of sterf'

2009-10-11 16:49
Tweets Share Share line Print

Whiskey Kgabo voor ’n vuurwarm vergadering gister by Trichardtsdal naby Tzaneen waar daar gepraat is oor die besetting van sy plaas die afgelope week. (Rapport)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Willem Pelser

Johannesburg- Plaasbesetters het Saterdag op ’n oproerige vergadering gewaarsku dat ’n “boer vir sy eie veiligheid” van sy plaas naby Tzaneen moet padgee.

Dié vergadering is gehou nadat sowat 100 mense van die Banareng-ba-Mantjane-gemeenskap Woensdagaand op die grasperk voor Whiskey Kgabo se plaashuis vuur gemaak en deurnag gedreunsing het.

Kgabo het hom in die plaashuis toegesluit nadat die mense sy huissleutels geëis en beveel het dat hy die plaas verlaat.

“Die plaasbesetters was woedend,” sê Kgabo.

“Hulle het knopkieries geswaai, my gevloek en gesê ek moet die plaas ontruim omdat die regering my klaar vir die plaas betaal het.”

Hy het hulle probeer paai en verduidelik dat hy in 2005 net vir ’n deel van die plaas betaal is en dat daar nog heelwat geld uitstaande is, maar die groep wou glo niks weet nie.

Kgabo het Woensdagaand by die polisie gaan hulp vra, maar is glo ingelig die “plaasbesetters” sal “nie moeilikheid maak nie”.

Teen 04:00 Donderdagoggend het Kgabo vir sy lewe begin vrees en die polisie gebel.

’n Polisievoertuig het eers teen 11:00 op die plaas opgedaag en die plaasbesetters het ingestem om die grond te verlaat op voorwaarde dat ’n vergadering gehou word.

Die gemoedere het gister weer hoog geloop toe die polisie, Kgabo, verteenwoordigers van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte en sowat 100 gemeenskapsverteenwoordigers naby Tzaneen hieroor vergader het. Sommige gemeenskapslede het selfs gedreig om Kgabo dood te maak as hy nie die grond verlaat nie.

Kgabo sê hy en sy werkers werk al lank in moeilike omstandighede omdat diefstal en intimidasie hoogty vier.

Hy blameer die Kommissie vir die Herstel van Grondregte. “Ek onderhandel al jare lank met die kommissie om die grondeis af te handel en die uitstaande geld te betaal, sonder sukses. Eers nou dat Agri SA betrokke geraak het, gebeur daar iets.”

Mnr. Tele Maphoto, grondeisekommissaris in Limpopo, het gister gesê die probleem is aan ’n administratiewe fout te wyte. “Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar net twee dele van Kgabo (se plaas) is gekoop en betaal.”

Volgens Maphoto gaan die derde deel ook gekoop word, maar dit kan glo maande duur om die proses af te handel.

Mnr. Moses Masete, woordvoerder van die Banareng-ba-Mantjane-gemeenskap, sê hulle het reeds die titelakte van die hele plaas gekry.

Dié gemeenskap meen die probleem is die “korrupsie in die regering” oor die grondeis en eis dat mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, self kom ondersoek instel.

Volgens Masete het hulle nou ’n prokureur aangewys en het Kgabo ’n uitsettingsbevel ontvang. Hulle wil met mango’s en lietsjies daar boer.

–Rapport
  

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Sal defnitief my liniaal moet saamneem om 'n afmeting te maak ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.