Boer moet buurman ná brand betaal

2011-09-14 09:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - 'n Boer van Frankfort moet aan sy buurman in die distrik van Heilbron R165 000 betaal nadat ’n brand vanaf sy plaas skade op sy buurman se plaas aangerig het, is in die Vrystaatse hooggeregshof by ooreenkoms tussen die partye beveel.

Waarnemende regter Johann Daffue het Dinsdag beveel dat Fred Bibbey van die plaas Diepfontein aan Izak Frederik Viviers van die plaas Modderfontein die geld moet betaal vir skade wat hy aan sy weiveld en omheinings op sy plaas gely het. Bibbey moet ook Viviers se regskoste betaal.

Die eis spruit uit ’n brand wat op 23 Junie 2008 op die plaas Brakoog in die distrik Heilbron ontstaan het.

Luidens die eis het dit by arbeidershuise op die plaas ontstaan.

In die eis word beweer dat Bibbey en sy werknemers nalatig was en nie die nodige brandbane om die arbeidershuise en plaas gehad het nie.

Luidens die hofstukke het Viviers skade van bykans R360 000 gely.

In sy verweerskrif ontken Bibbey dat hy nalatig was en beweer onder andere dat Viviers nalatig was deurdat hy nie enigsins of voldoende brandpaaie op die plaas Modderfontein gehad het om te verhoed dat die brand na sy plaas versprei nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.