Boer met kopskoot vermoor

2010-03-15 06:22
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul en Linda de Beer, Beeld

Johannesburg - ’n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en Noordwes.

Frik van Deventer (64) is Saterdagaand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.

Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.

“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het. Sy is vasgebind en aangerand.”

Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug.

“Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in op die ongeluktoneel gevind.

Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog op tou gesit. “’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”

In die ander aanval is ’n slapende Danie Nortjé (58) Saterdagnag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet.

Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref, het sy pa, Pieter (85), gister gesê.

Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n enkele skoot gehoor het.

“Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr. Sondag gesê.

Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die venster sou kom.

Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.”

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as kritiek beskou, maar hy was teen Sondagoggend bestendig.

Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.

Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie.

Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat Jan Wheeler (65) in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10 km buite Marble Hall vermoor is waar hy as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.

Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die begin van Februarie.

- Beeld
 

Lees meer oor: moord  |  plaasaanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.