Boer met Kongokoors in die hospitaal

2010-07-22 10:32
Tweets Share Share line Print

Karen Ebersohn

Bloemfontein - Die gevreesde en “waarskynlik mees oordragbare hedendaagse siekte”, Kongokoors, is Woensdag oorweldigend positief by ’n Namibiese boer in die Bloemfontein-Medi-Clinic gediagnoseer.

Andries Hoffman (44) van die distrik Aroab is Maandagaand in dié hospitaal opgeneem.

Hoffman is aanvanklik Sondag in die Medi-Clinic op Upington opgeneem en is Maandag per lugambulans na die Bloemfonteinse hospitaal oorgeplaas.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal, sê hy is in die intensiewesorg-eenheid en word in afsondering gehou. Die toetsuitslae het getoon hy het beslis Kongokoors.

“Dit is nog nie bekend hoe hy die siekte opgedoen het nie. Mense kry dit óf van ’n bosluis óf deur ’n besmette karkas.”

Appelgryn sê die siekte word simptomies behandel. Dit beteken byvoorbeeld indien hy koors het, word die koors behandel. Sy sê Hoffman se toestand is stabiel, maar hy is baie siek.

Suster Rikie Willemse van die hospitaal se infeksiebeheersentrum sê Kongokoors is waarskynlik die mees oordraagbare siekte waarmee gesondheidspersoneel gekonfronteer word.

“Dit is ’n wetlike aanmeldbare, hemorragiese koorssiekte, wat veral deur twee spesies van die bontpootbosluis oorgedra word.”

Sy sê die volwasse bosluis versprei die siekte na diere soos hase, skape en bokke.

“Volwasse bosluise is jagters. Hulle reageer op vibrasies in die grond en sal vinnig uit hul skuilings skarrel en agter prooi aanbeweeg.”

Die bosluise reageer ook op temperatuurwisselings, humiditeit en koolstofdioksiedvlakke in die omgewing.

Willemse sê bosluise is dwarsdeur die jaar te kry, maar die oordra van Kongokoors is hoofsaaklik van Augustus tot laatsomer.

Nie alle bontpootbosluise dra die virus nie.

“Die mens word siek weens ’n bosluisbyt of wanneer ’n besmette bosluis tussen die vingers doodgedruk word, of deur kontak met ’n siek mens se bloed of deur kontak met besmette karkasse.”

Oor hoe die siekte se siklus verloop, sê Willemse:

“Binne drie tot nege dae nadat die pasiënt gebyt is, is daar ’n skielike ontwikkeling van tipiese griepsimptome.

Pasiënte word in afsondering versorg vandat die moontlikheid van infeksie met Kongokoors genoem word.

“Om die diagnose te bevestig word bloed na die Instituut van Virologie in Johannesburg gestuur om die teenwoordigheid van anti-liggame te bevestig en die virus te isoleer.”

Hoffman se familie is nog te getraumatiseer om met die media te praat. 

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: siektes  |  medies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.