Boer kry borgtog ná hy glo seun doodskiet
2011-10-21 10:08
Polokwane – 'n Boer van Groblersdal wat na bewering 'n 14-jarige seun op sy plaas doodgeskiet het, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Petrus Swart het Donderdag op aanklag van moord en poging tot moord in die landdroshof in Groblersdal verskyn nadat hy Gift Mbangini na bewering doodgeskiet het toe Mbangini en vriende op sy plaas visgevang het.
Nóg 'n seun, Lucky Zitha, is in die arm gewond, maar twee ander vriende het ongedeerd weggekom.
Swart sal weer op 12 Desember in die hof verskyn.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter