Boer in hof ná hy 'betreder' skiet

2009-09-29 11:24
Tweets Share Share line Print

Nicolize van der Walt

Johannesburg - Die boer wat ’n betreder glo op sy plaas buite Lichtenburg geskiet het, is steeds in die hospitaal onder polisiebewaking.

Jan Wessel van der Berg (49) het wel gister vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. Hy sal na verwagting vandag formeel om borgtog aansoek doen.

Hy word intussen in die Genl. De la Rey-hospitaal in die dorp behandel. Dit is nie bekend of die behandeling met die vermeende skietvoorval verband hou of nie.

Van der Berg word daarvan verdink dat hy mnr. Oupa Mokgalagadi verlede Donderdag omstreeks 18:45 op sy plaas, Mooimeisiesfontein, geskiet het.

“Die slagoffer was van Rooigrond op pad huis toe en het kortpad deur die plaas gevat toe die boer hom glo skiet en wond,’’ het sr.supt. Junior Metsi, polisiewoordvoerder, gesê. Die polisie het glo ook op ’n vuurwapen beslag gelê.

Die provinsiale regering het gister in ’n verklaring oor die beweerde voorval gesê: “Sommige van die aangrensende boere wat die area gepatrolleer het, het gesien hoe Mokgalagadi en ’n vriend deur die veld stap en het die boer daarvan ingelig.

“Hy het met ’n vuurwapen soontoe beweeg. Die vriend het weggehardloop, terwyl die slagoffer in die bosse probeer skuil het. Hy is in die regterbeen geskiet,’’ het Lesiba Kgwela, woordvoerder van die Noordwes-departement van openbare veiligheid, gesê.

Howard Yawa, LUR vir openbare veiligheid, en komm. Lesetja Beetha, provinsiale polisiehoof, het die slagoffer in Lichtenburg besoek. Yawa het gesê Noordwes is nie die “Wilde Weste waar jy sommer jou geweer gebruik nie”.

“Plaaseienaars het nie die reg om ongewapende burgers, wat vir watter rede ook al op hul plase is, te skiet nie.”

Chris Hattingh, provinsiale DA-leier, het in reaksie op hul besoek aan Mokgalagadi gesê: “Dis skokkend en opvallend watter reaksie ’n wit-op-swart-voorval ontketen teenoor ’n oorverdowende stilswye ná die talle swart-op-wit-voorvalle hier.

Plaasaanvalle in Noordwes geniet baie lae prioriteit. Daar moet gewaak word teen rassistiese aanhitsing.”

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  geweld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.