Boer in Potch vermoor
2010-05-16 16:47
Johannesburg – Drie mans is Sondag in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 40-jarige boer in Potchefstroom, het die polisie gesê.
Volgens lt. kol. Lesego Metsi is Johannes Strydom Saterdag omstreeks 13:00 by die hek van sy plaas, Naderfontein, aangeval.
Die verdagte het Strydom met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan en sy lyk na die motorhuis gesleep. Die verdagte het ‘n Mazda bakkie, selfoon en beursie gevat en gevlug, het Metsi gesê.
Volgens Metsi is die verlate motor in Potchefstroom gevind.
‘n Man (21) is Sondag by ‘n naburige plaas in hegtenis geneem. Hy het die polisie na twee ander mans gelei wat die beursie en selfoon gehad het, het Metsi gesê.
Die drie mans verskyn Maandag in die landdroshof in Potchefstroom.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.