Boer in Limpopo vermoor
2010-03-12 19:03
Johannesburg – ‘n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall vermoor, het polisie in Limpopo gesê.
“Die verdagtes het vanoggend toegang tot die huis bekom deur die agterdeur te breek. Hulle het Jan Wheeler in die slaapkamer oorweldig,” het supt. Ronel Otto gesê.
Hy was herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.
“Die verdagte het gevlug nadat hy ‘n paar elektriese huishoudelike toebehore geneem het.”
Hulle het weggejaag met Wheeler se wit bakkie.
Volgens Otto is die polisie op soek na vyf mans wat met die voorval verbind word.
- Sapa