Boer hartroerend begrawe

2011-02-25 09:15
Tweets Share Share line Print

Frankfort - Met ’n geel roos in die een hand en haar kop rustend in die ander, het die vrou van een van die slagoffers van die vlaag plaasmoorde in Suid-Afrika Donderdagmiddag kopskuddend toegekyk hoe haar man se kis stadig in die grond afsak.

Marietjie Muller het met moeite in haar rolstoel probeer regop staan en dié roos op haar man, Helgard Muller (66), se kis gegooi.

Snikke het onder die begrafnisgangers opgeklink terwyl Muller na sy laaste rusplek laat sak is.

Dié hartroerende tonele het hulle Donderdagmiddag in die Frankfort-begraafplaas langs mnr. Muller se oop graf afgespeel.

Hy is verlede Saterdag – vier dae ná sy verjaardag – in ’n aanval op sy plaas Mara in die Frankfort-omgewing in sy kop geskiet.

Intussen is vasgestel die vuurwapen waarmee Muller doodgeskiet is, is sowat ’n maand gelede op ’n ander plaas in ’n naburige distrik gesteel, berig Vicus Bürger.

Die bejaarde boer wie se wapen dit was, is erg getraumatiseerd omdat die rewolwer gebruik is om ’n ander boer dood te skiet.

Ds. Kobus Botha het die begrafnisdiens vir Muller in die Gereformeerde kerk Frankfort, asook die teraardebestelling gelei.

’n Somber atmosfeer het in die kerk geheers. Dié gebou met sitplek vir nagenoeg 300 mense was stampvol. Minstens 20 losstaande stoele moes kort voor die diens ingedra word.

’n Groot geraamde foto van Muller het voor in die kerk op ’n tafeltjie by ’n dik Bybel gestaan.

Toe die familie instap, het Genade onbeskryflik groot gespeel.

Botha het sy gebed begin deur die “warboel van gedagtes” wat nou heers, te beskryf.

“Vader, ons is opstandig, kwaad, maar meer dikwels tevrede, want ons weet U is die Vader...wat ook al gebeur, U bly in beheer.

“Deur die warboel het ons groot dank en diepe vreugde dat ons van Helgard kan afskeid neem met die wete dat hy ’n kind van U was.”

Botha se boodskap was gegrond op ’n vers uit Fillipense: “Want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.”

Hy het aan die bedroefde weduwee, die Muller-kinders, familie en vriende gesê ’n mens vra hoe kan die dood ’n wins wees as dit “liggaam en siel uitmekaar skeur”, soos “Helgard gewelddadig van ons weggeskeur is”.

Hy het na Paulus se wedervaringe in Fillipense verwys. Paulus was in die tronk in haglike omstandighede, maar vanuit die tronk is sy evangelie verkondig.

Voorts het wyle Muller hom nie gesteur aan sy omstandighede nie – hy het altyd met blymoedigheid geleef.

“Die Here se genade is oorvloedig, het hy altyd gesê,” het Botha verder genoem.

“Vir mense wat nie voor hul dood aan Christus behoort nie, vir hulle kan die dood nie ’n wins wees nie.”

Muller hét aan Christus behoort, het hy gesê.

Dit het aangesluit by die boodskap in die begrafnisbrief: “Here, U weë is nie ons weë nie...in U raadsplan bestaan geen toevallighede nie, en daarom, berus ons in U.”

Die netjiese begrafnisbrief het ’n vinnige blik op Muller se lewe gegee.

Kleurfoto’s van wat vir hom belangrik was – sy vrou, kinders en kleinkinders – het daarvan getuig.

Die gesin se dankbetuigsbriefie agterin sluit af: “Helgard, jou stem is stil, ons mis jou so...”

Agterop is ’n foto van wyle Muller in ’n landery, met die byskrif: “My boer, my hero.”

Mev. Muller, wat deur die vermeende aanvallers vasgebind is, het Donderdag ook haar hondjies bedank: “My vier hondjies, julle was so getrou – (julle het) styf teen my gelê deur ’n twee uur (lange) traumatiese ervaring. Ek is so lief vir julle.”

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.