Boer gejaag, op sy plaas geskiet
2010-08-03 11:11
Johannesburg – ‘n Boer is Dinsdag op sy plaas in Lephalale in Limpopo vermoor, het polisie gesê.
Koos Daffeu (46) was glo op pad na sy plaas toe, toe hy by ‘n laagwaterbrug op ‘n grondpad aangeval is.
Volgens lt. kol. Ronel Otto is menigte skote deur onbekende aanvallers op sy voertuig gevuur.
Daffeu het glo toe weggejaag en sy voertuig het by ‘n T-aansluiting sowat 600m verder omgeslaan.
Polisie vermoed dat Daffeu nóg vyf keer geskiet is ná die ongeluk.
Hy is op die toneel dood.
“Ons het nog geen verdagtes nie maar bewyse toon dat daar meer as een aanvaller was. Ons vermoed hulle het in ‘n voertuig gevlug,” het Otto gesê.
- SAPA