Boer en vrou sterf wreed

2010-01-08 06:29
Tweets Share Share line Print

Juan van der Merwe

Johannesburg - ’n Vrystaatse boer en sy vrou is Dinsdagaand met hul eie haelgeweer doodgeskiet nadat hulle wreed met ’n vleishaak aangeval is.

’n 27-jarige voormalige plaaswerker van Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is  weens die moorde in hegtenis geneem. Die egpaar se plaas is tussen Senekal en Steynsrus.

Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die rooi Chevrolet Aveo-sedan van die egpaar se dogter, Marietjie, aangekeer.

Die egpaar het hom glo nog R250 geskuld.

Sers. Majang Mosupa, polisiewoordvoerder, sê Retha Van Zyl het die aand van die moord vermoedelik die huis verlaat nadat hul kragopwekker afgegaan het.

Hul plaas, Poortjie, het nie Eskom-elektrisiteit nie.

Haar aanvaller, wat vermoedelik die kragopwekker afgesit het, het Van Zyl kort daarna buite die kombuis ingewag.

Hy het haar oorval en wreed met ’n vleishaak, hoofsaaklik oor die bors, asook een keer in die nek gekap.

Koos Van Zyl, wat sieklik was, is daarna in die kombuis oorval en twee keer met die vleishaak in sy nek en op sy kop gekap.

Hartseer gemeenskapslede sê hy was swak en sou hom nie kon teësit nie.

Die aanvaller het Retha Van Zyl se hande met baaltou vasgebind en haar deur die kombuis tot in die huis se gang gesleep.

Hy het die egpaar se haelgeweer langs hul nog opgemaakte bed in hul slaapkamer gevind. Hy het elkeen van naby met een skoot in die bors doodgeskiet.

Die verdagte het daarna met hul dogter se voertuig en hul twee selfone gevlug.

Hy het ook glo een van die egpaar se skape in die motor gelaai en iemand ’n rygeleentheid gegee.

Reserviskonstt. Thapelo Mponeng en Moeti Mokoatsi van Odendaalsrus se eenheid vir sigbare polisiëring het die voertuig waarna die polisie gesoek het eergistermiddag gesien.

Hulle het hul kollegas om bystand gekontak en die verdagte vasgetrek.

Jan de Villiers, veiligheidsbeampte van die Emdo-nio-boerevereniging, het ’n beroep op boere gedoen om aktief deel van hul gebied se veiligheidstelsel te word.

Hy sê dit was die tweede plaasaanval in die distrik in twee weke.

Mnr. Frik Ras, ook ’n boer, is die dag ná Kersfees in ’n aanval op sy plaas beseer.

“Dit is ’n neiging wat sedert 1994 aanhou. Die ouens wat oorbly, gaan moet leer om na hulself te kyk,” sê De Villiers.

Die egpaar word deur hul drie kinders, Erik, Estie en Marietjie, oorleef. Hulle het nie kleinkinders nie.

- Beeld

Lees meer oor: plaasaanvalle  |  moorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.