Boer bied groot beloning aan ná slagting

2012-01-18 08:00
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn – Die eienaar van die renoster wat Sondagnag onder stropers deurgeloop het, het gister ’n reuse-beloning aangebied vir inligting wat sal meebring dat die skuldiges vasgetrek word.

Die karkas van die vyf jaar oue renosterbul is Maandagmiddag laat in ’n rivierloop sowat 15 m van die wildheining op Kobus Crous se wildplaas, Bergsig, gevind. Die plaas is sowat 6 km buite Hartenbos.

“Ek bied ’n beloning aan van R100 000 vir enigiemand met inligting oor die stropers,” het Crous gesê. “Iemand moet tog iets weet en ek wil dit die moeite werd maak vir mense om die inligting te verskaf.”

Volgens Crous is die re­nosterbul en -koei, wat saam in ’n kamp geloop het, op die plaas gebore. “Hulle was die eerste renosters wat hier gebore is en was baie na aan my hart. Hulle was mak en het altyd nuuskierig nader gekom as ’n mens naby hulle stilhou.”

Dit is waarskynlik juis dié goedaardigheid wat van die reuse-dier ’n maklike prooi gemaak het. “Hy is waarskynlik op ’n kort afstand met ’n pyl verdoof.

“Die forensiese ondersoekspanne van Kaapstad was heeldag hier besig, maar kon nie met ’n metaalverklikker vasstel of daar ’n koeël in die renoster se kop of lyf is nie.”

Spesialis-polisie-eenhede het die toneel gefynkam, maar kon ook geen bewyse van die pyl vind nie.

“Die bewyse is waarskynlik verwyder,” het Crous gesê.

Die middel wat gebruik word om diere te verdoof is nie in die handel beskikbaar nie. “Dit kan net deur ’n veearts verskaf word, maar omdat renosterhorings in die sluikhandel verkoop word, is dit seker moontlik dat die stropers ook die verdowingsmiddels só in die hande kan kry.”

Dr. Willem Burger, ’n veearts van Oudtshoorn wat Maandagaand en gister met die ondersoek gehelp het, het gesê ’n renoster wat nie vrek weens ’n oordosis verdowingsmiddel nie, lewe nog wanneer die horing verwyder word.

“Die dier kom by, maar vrek uiteindelik weens massiewe bloeding,” het Burger verduidelik.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die stroper(s) kan die ondersoekbeampte, ao. Boet Olckers, by (071) 351 7450 bel.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  renosterstropery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.