Boer (64) op sy plaas doodgeslaan
2011-07-08 21:05
Johannesburg – Drie mans het in die Tzaneen landroshof
verskyn in verband met die moord van ‘n boer in Letsitele het die Limpopo
polisie gesê.
Luitenant kolonel Otto het gesê die saak is
tot die 14de Julie uitgestel, maar dat die mans in aanhouding sal bly.
Die drie mans, een Mosambieker en twee
Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 18 en 34, is Dinsdag in hegtenis geneem
om aanklagte dat hulle die boer dood geslaan het.
Die polisie het op Koos Grobler (64) se lyk
afgekom ná sy vriende glad nie vir hom kon kontak nie.
Volgens Otto wil dit voorkom asof Grobler
herhaaldelik met ‘n moersleutel oor die kop geslaan.
Die drie verdagtes het Grobler se kar sowel as
ander kleiner huisitems gesteel.
Die kar is sowat 5 km van die huis af op
Henley Farm 30km buite Tzaneen gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA