Boeie af, toe val inbreker weer aan

2010-07-28 09:37
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Gesin wat deur ’n indringer in hul huis aangeval is, eis skadevergoeding omdat die polisie die aanvaller se boeie op die toneel afgehaal en hy sy aanval toe glo voortgesit het.

Willem van Schalkwyk (47), sy vrou, Ria (45), en hul kinders, Liela (20) en Hestie (19), eis in die hooggeregshof in Pretoria verskillende bedrae van die minister van veiligheid en sekuriteit (polisie).

Dit wissel van R1,5 miljoen vir Van Schalkwyk tot R310 000 vir elke dogter.

Luidens hul hofstukke het ene Mathome Simon Maphetho op 6 Oktober 2007 by hul huis in Polokwane ingebreek.

Hy het Van Schalkwyk ’n aantal kere met ’n mes gesteek.

Ria Van Schalkwyk en Liela het die mes afgevat en Maphetho in bedwang probeer bring.

Konst. Manyane Jonas Tshepo, ’n polisiereservis, het opgedaag, gevolg deur insp. Malesela Lucas Mogolane en insp. Mackson Mogau Selepe.

Tshepo het Maphetho geboei en toe in ’n taal wat die Van Schalkwyks nie verstaan nie, met hom gepraat.

Daarna het Tshepo aan die gesin gesê hy kan Maphetho nie arresteer nie, “want daar was te veel bloed, of woorde tot dié effek”.

Hy het die boeie losgemaak en die kamer verlaat. Maphetho en die gesin het daar agtergebly.

Die eisers beweer Maphetho het die mes gevat en Van Schalkwyk weer gesteek.

Maphetho is weer in bedwang gebring.

Ria Van Schalkwyk wou haar ernstig gewonde man in hul Toyota Fortuner hospitaal toe neem.

Die polisievoertuig het die erf se ingang versper.

Die polisie het geweier dat die egpaar die erf verlaat, word beweer.

Ria Van Schalkwyk het toe teen die polisievoertuig gebots en dit uit die pad gestoot.

’n Klag van roekelose of nalatige bestuur is teen haar ingedien. Dit is later teruggetrek.

Die verweerder sê in hofstukke nadat Tshepo die boeie aangesit het, het hy die gesin beveel om uit die huis te gaan omdat dit ’n misdaadtoneel is.

Maphetho het toe tekens getoon dat hy “onwel” was.

Hy het erg gebloei en flou geword.

Tshepo het die boeie afgehaal weens Maphetho se toestand.

Hy was tevrede dat Maphetho nie in staat was om weg te hardloop nie.

Die verweerder sê Tshepo was te alle tye in die gesin se teenwoordigheid en in dié tyd het Maphetho geeneen aangerand en/of gedreig nie.

Die hof het die verweerder dié week gelas om op ’n kennisgewing van die eisers te reageer.
 

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.