'Boef soos Mugabe nie in SA welkom'

2012-01-06 07:32
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Pres. Robert Mugabe is ’n “boef” en “misdadiger”.

Hy behoort nie in ’n demokratiese land soos Suid-Afrika welkom te wees nie, sê leiers van Vrystaat Landbou (VL), die DA en die Zimbabwiese Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC).

Dit kom nadat die regerende party in Suid-Afrika bevestig het die omstrede Zimbabwiese president is onder die gaste wat die naweek vir die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein verwag word.

Louw Steytler, president van VL, sê Mugabe se regeringsbeleid het vernietigende maatskaplik ekonomiese gevolge in Zimbabwe gehad. Dié president is volgens hom ook skuldig aan “massiewe vlakke van menseregteskendings”.

“Sulke boewe behoort nie ’n platform in Suid-Afrika (’ndemokratiese land) te kry nie. As die Dalai Lama nie hier welkom is nie, hoe op aarde kan ons Mugabe, wie se optrede strydig met Suid-Afrika se Grondwet is, na ons land nooi?”

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê Mugabe het sy land, wat ’n broodmandjie in Suider-Afrika was, verander na ’n gefaalde staat wat afhanklik van voedselhulp is.

“In Zimbabwe bestaan grootskaalse hongersnood en ellende.”

Jankielsohn sê dit is ’n groot bron van kommer dat die regerende party in Suid-Afrika Zanu-PF en Mugabe as van hul groot vriende beskou. “Dit spreek boekdele van hul toekomsvisie vir Suid-Afrika.”

Volgens hom is Mugabe een van die grootste internasionale “misdadigers en skurke”. “Hy behoort agter tralies te sit en nie op Suid-Afrikaanse belastingbetalers se rekening in luukse verblyf saam met ANC-vriende duur whisky te drink nie.”

Charles Matorera, leier van die MDC in die Vrystaat, sê demokrasie word saam met die ANC se 100-jarige bestaan gevier. “Dit is waarvoor die ANC staan.”

Volgens hom is Mugabe glad nie ’n voorbeeld van ’n demokratiese leier nie.

Lindiwe Zulu, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, sê Mugabe is na die eeufeesvieringe genooi, want sy land is een van dié wat tot die vryheidstryd in Suid-Afrika bygedra het. Volgens Zulu het Zimbabwe ook gehelp om die ANC uit te bou.

Sy het Donderdag gesê die regerende party gaan nie oor die meriete van Mugabe se teenwoordigheid op die eeufeesvieringe debatteer nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: robert mugabe  |  anc  |  anc-eeufees

Lewer kommentaar op hierdie artikel
76 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.