Bloulig-tiener ondergaan operasie
2011-12-05 09:05
Johannesburg – Die tienerseun wat verlede maand deur ’n LUR se ampsmotor omgery is, sal Maandag 'n delikate, maar kritieke operasie ondergaan.
Thomas Ferreira, ’n leerling aan die Hoërskool Bastion, was op sy motorfiets na sy meisie se huis in Randfontein op pad toe hy getref is deur 'n blouligvoertuig wat na bewering 'n rooi verkeerslig verontagsaam het.
Die BMW is die ampsvoertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising.
Thomas het ’n gebreekte arm en been en verskeie gesigfrakture opgedoen. Hy het ook swelling en bloeding op die brein.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter