Bloulig-tiener maak goeie vordering

2012-01-23 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Thomas Ferreira, die matriekleerder wat kritiek beseer is nadat hy in November deur ‘n bloulig-voertuig getref is, is besig om wonderbaarlik te herstel, het berigte Maandag gelui.

Ferreira het ‘n week gelede vir die eerste keer gepraat en “hallo” gesê, het The Times berig.

Dit volg nadat dokters oorspronklik gedink het hy sal permanente breinskade hê.

Die 18-jarige, wat tot twee weke gelede in ‘n koma was, het ten tyde van die ongeluk op sy motorfiets in Krugersdorp gery.

Hy is deur ‘n motor wat die LUR vir behuising, Humphrey Mmemezi, vervoer het getref terwyl die motor se blou lig aan was om oor ‘n rooi verkeerslig te ry.

The Times het sowat ‘n week gelede nog berig dat Ferreira, wat ‘n leerder by die Bastion Hoërskool is en as gevolg van die ongeluk nie sy matriekeindeksamen kon skryf nie, slegs kapokaartappels kon inneem.

Daar is berig dat hy onlangs tydens ‘n familie-piekniek twee boereworsrolle en ‘n glas vrugtesap gehad het.

Hy is sedert 30 Desember by die Riverfield Lodge-rehabilitasie-eenheid in Randburg.

“’n Paar dae gelede kon hy nie eers enige emosie toon nie,” het sy pa Peter gesê.

“Dit gaan nog ‘n baie lang pad wees. Dokters sê dis nog moeilik om te sê (of hy ten volle sal herstel). Maar ons hoop dat hy teen die einde van Maart sal terugkeer huis toe.”

Tydens die piekniek het Thomas se ma Priscilla haar seun glo gehelp om op te staan en ‘n paar treë na sy rolstoel te neem.

“Hy ontwikkel selfs ‘n goeie eetlus. Hy het voor die ongeluk 70 kg geweeg en het na 49 geval toe hy vir rehabilitasie opgeneem is. Maar hy tel stelselmatig gewig op,” het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: thomas ferreira  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Dit is gedrogte soos hierdie wat rassehaat aanvuur..En by voorbaat Leghorn hou jou snawel hier uit en bly in jou hool waar jy is !!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 219,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.