Bloulig-tiener dalk binnekort ontslaan
2011-12-27 13:37
Johannesburg – Thomas Ferreira, die tiener wat breinskade opgedoen het ná hy deur 'n blouligvoertuig raakgery is, herstel stadig van 'n lewensgevaarlike infeksie, het The Star Dinsdag berig.
"His is stabiel en sy koors is weg," het die 18-jarige se pa, Paul Ferreira, aan die koerant gesê.
Thomas se pa het gesê hulle verwag dat hy Woensdag ontslaan kan word.
Ferreira is sewe weke gelede ernstig beseer toe die ampsmotor van die Gautengse LUR vir behuising, Humphrey Mmemezi, hom raakgery het terwyl hy op 'n motorfiets gery het.
Die bestuurder van die voertuig, Semitsi Modomai, het Mmemezi vervoer en het die blou ligte aangeskakel om 'n rooi verkeerslig oor te steek toe hy Thomas raakgery het.
Ferreira is verlede week weer in die Krugersdorp-hospitaal opgeneem ná hy 'n infeksie opgedoen het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA