Bloulig-lyfwag in hof

2011-10-10 22:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Lid van ‘n BBP-beskermingseenheid wat daarvan aangekla word dat hy op ‘n voertuig geskiet het, het aan die Pietermaritzburg-landdroshof gesê hy het skote afgevuur omdat die bestuurder ‘n bedreiging was.

Konst. Hlanganani Nxumalo, lyfwag vir Meshack Radebe, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het erken hy het skote afgevuur tydens die voorval, wat landwyd opslae gemaak het.

Agt mense is beseer in die ongeluk in 2008.

Nxumalo was saam met sy kollega, Caiphus Ndlela, toe die voorval plaasgevind het. Hulle was op pad om Radebe in Hammarsdale te gaan haal.

Hy het na bewering die band van ‘n Mazda-motor naby Camperdown stukkend geskiet. Dit het daartoe gelei dat die bestuurder beheer oor die motor verloor en in die pad van aankomende verkeer beland het. Die motor was toe in ‘n kop-aan-kop-botsing met ‘n bakkie betrokke.

Nxumalo het aan die hof gesê dat die bestuurder van die motor ‘n bedreiging vir hulle ingehou het en dat hy probeer het om hulle van die pad te stamp.

Hy het gesê hy het aan die bestuurder beduie om stadiger te ry, maar dat die bestuurder vir hom ‘n middelvinger-gebaar gewys het.

Volgens Nxumalo het hy sy geweer uitgehaal en waarskuwingskote afgevuur toe dit duidelik word die bestuurder sal nie uit die pad kom nie.

Op ‘n vraag oor waarom hulle nie verby die ander motor gery het nie, het Nxumalo gesê hy kon nie antwoord nie, aangesien hy nie bestuur het nie.

Die verhoor duur voort. Ndlela sal na verwagting Dinsdag getuig.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: bbp-beskerming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.