Blou ligte: Motor tref dosent op motorfiets

2011-11-18 09:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Dosent aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) is op sy motorfiets omgery deur ’n polisiemotor met ’n blou lig wat in ’n kruising ingery het.

Die polisielede het ná die botsing glo nie eens uit hul motor geklim om te kyk of P.K. Smit (48) seergekry het nie. Twee van sy ribbes is gebreek.

“Toe ek die polisieman vra wat is so belangrik dat hy ’n rooi verkeerslig moet verontagsaam, het hy gesê: ‘Maar my blou ligte was aan,’ ” het Smit gesê.

Smit was Maandagmiddag in D.F. Malanrylaan op pad om eksamenvraestelle te gaan aflewer. Op die hoek van Skinnerstraat en D.F. Malanrylaan het hy by ’n rooi verkeerslig gewag. Toe dit na groen oorslaan, het hy weggetrek.

“Toe ek in die middel van die kruising is, kom ’n polisiemotor met ’n stink spoed aangejaag. Net sy blou lig was aan, nie sy sirene nie. Ek het in my helmet gehoor hoe hy rem.”

Smit het uitgeswaai en die blitspatrolliemotor se passasierskant getref. Hy het op die teerpad geval.

“Die twee polisiebeamptes het in hul motor gebly terwyl ek op die teer gelê het,” het Smit gesê. “Hulle het my nie eens kom vra of ek oukei is nie.”

Dié bloulig-voorval het gebeur kort nadat Thomas Ferreira (18) van Krugersdorp deur die ampsmotor van mnr. Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, omgery is. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.