‘Blou Bul het ons lewens verwoes’

2010-11-21 06:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Blou Bul en Sewesrugby-Springbok Deon Helberg hét ’n verhouding met haar én haar ma gehad.

“Dit is baie seer wanneer die twee mense wat die naaste aan jou is – jou ou en jou ma – sulke dinge agter jou rug aanvang.”

Só het Jalien Reyneke – die dogter van Manda Reyneke (47), wat in ’n polisielokval in hegtenis geneem is nadat sy na bewering twee Nigeriërs gehuur het om Helberg (21) te vermoor – gister in ’n eksklusiewe onderhoud aan Rapport gesê.

Jalien (20) sê haar ma hét met die beweerde Nigeriese huurmoordenaars onderhandel, “maar nie om hom te laat vermoor nie, om hom geestelik te vernietig” soos hy aan die Reyneke-gesin gedoen het.

Helberg se ma, Marlene Helberg, het vroeër aan Rapport vertel Manda Reyneke het Donderdag buite die polisiekantoor aan haar gesê sy wou Deon aanvanklik nie dood gehad het nie – sy wou net hê “sy bene moet gebreek word sodat hy nie meer rugby kan speel nie”.

Manda het glo aan Helberg se ma gesê: “Ek is jammer, ek kan dit nie help nie, ek is steeds lief vir hom (Deon).”

Jalien, deesdae ’n Tuks-student en deeltydse model, se verhouding met Deon Helberg het begin terwyl hulle leerlinge aan die HTS Middelburg in Mpumalanga was. Deon Helberg was in die koshuis. Twee maande later het hy by Jalien en haar gesin ingetrek. Haar ma en pa, dr. Dave Reyneke, was toe nog getroud.

“Deon het ’n baie swaar agtergrond gehad. Ons het hom gewys wat geld is. Ons was nie ryk nie, maar welaf. Hy was soos ’n seun vir my ma en pa. Hulle het selfs vir hom ’n kar gekoop,” vertel Jalien.

Maar: “Hoe meer goed my ma vir hom gekoop het, hoe meer het hy dingetjies vir haar gedoen?… Deon en my ma het soos man en vrou baklei, wat baie vreemd was.

“Ek het op ’n SMS afgekom wat my ma vir hom gestuur het en ek het dadelik gesê hy moet uit my lewe loop.”

In dié stadium het Helberg “my en my ma glo met nog ander meisies ook verneuk. My pa wou nog die huwelik red, maar hy kon niks doen nie.

“Ek en my ma het ’n ruk nie gepraat nie en ek het oorsee gegaan. Maar ons het ons probleme uitgesorteer. Ons hele familie staan bankvas agter my ma.”

Jalien sê haar ma wou Helberg nie laat vermoor nie. “Sy wou hom net ’n les leer. Dit was die Nigeriërs wat aanhoudend druk op haar geplaas het vir méér geld. En op die ou einde het hulle vir my ma gesê hulle gaan haar opdrag omskep in moord. My ma het nie ’n kans teen Nigeriërs nie. Hulle wou haar melk vir geld. Sy is onskuldig. En alles sal nog in die hof uitkom.

“Almal kraak haar af. Sy wou hom net seermaak, nie laat vermoor nie. Almal wat my ma goed ken, weet dit.

“Deon het ons gesin vernietig. Hy wil sy brood aan albei kante gebotter hê.”

Marlene Helberg het aan Rapport gesê sy het Manda Reyneke by die polisiekantoor besoek nadat sy Donderdag in hegtenis geneem is.

“Sy het gesê sy is dankbaar Deon is nie dood nie.”

Die twee Nigeriërs wat glo deur Manda gehuur is, het haar verklap.

Sy is in hegtenis geneem toe sy hulle betaal het nadat sy ’n selfoonfoto van Helberg se bebloede “lyk” gekry het.

Reyneke, van die Silver Pines-landgoed in die ooste van Pretoria, sal waarskynlik môre in die hof verskyn op aanklag van sameswering tot moord.

Helberg se ma sê sy kry Reyneke “bitter jammer. Ek het gesê ek bid vir haar. Ek haat haar nie.”

Sy ontken dat haar seun by die Reynekes gaan woon het. Volgens haar het haar seun en Jalien se verhouding ná skool voortgeduur, maar verlede jaar verbrokkel.

Oor bewerings dat Helberg ’n verhouding met die veel ouer Reyneke gehad het, sê sy: “Ek gee my kind die voordeel van die twyfel.”

Volgens haar duur Reyneke se “obsessie” met haar seun al byna drie jaar. Sy sê Reyneke het gereeld vir haar en haar seun SMS’e gestuur en “lekker gekry” as hy beseer of uit ’n span gelaat is. Sy het sy vriende “gebel en geterroriseer”.

Sy sê haar seun is nou in ’n ander verhouding. “Ons het hard gebid vir ’n uitkoms vir die situasie.”

Reyneke het glo aan die Helbergs gesê sy sou Deon se lewe “hel maak” en “as sy hom nie kon kry nie, kan niemand hom kry nie”.

Die Helbergs kon nie bekostig om ’n hofinterdik aan te vra nie, “maar ons het nooit gedink sy is tot so iets in staat nie”.

Helberg het aan Rapport gesê hy wil nie nou kommentaar lewer nie.

Intussen sê Marlene Helberg, Deon se ma, Manda Reyneke is "’n baie goeie ma”, iemand met “’n oop hart” en ’n “vreeslik vrygewige” persoon.

“Ek kan niks leliks oor haar sê nie, behalwe dit wat sy my kind aangedoen het.”

Helberg beskryf Reyneke se man, dr. Dave Reyneke, as “ ’n ontsettend goeie man” en volgens haar is die Reynekes uitmekaar weens Reyneke se “obsessie” met Deon.

Christine Roux, een van Reyneke se beste vriendinne, sê sy kan eenvoudig nie glo wat beweer word nie.

“Al verklaring waaraan ek kan dink, is dat die Satan tydelik van haar besit geneem het.”

Roux ken Reyneke al agt jaar.

“Ons het deur die jare saam op die paviljoene (vir plaaslike skoolsportspanne) geskree en saam naaldwerk gedoen.

“Ek ken Manda Reyneke bitter goed. Maar ek ken nie die vrou wat ek op Beeld se voorblad gesien het nie. Ek is geweldig ontsteld en geskok.

“Die Manda wat ek ken, is ’n vriendelike en baie intelligente vrou met ’n sagte hart en ’n oop hand vir ander mense.”

Volgens Roux is Reyneke ook ’n besonder kreatiewe vrou wat altyd goed georganiseerd is.

Amanda Cass, ’n ander vriendin wat baie na aan Reyneke is, sê Reyneke is ’n welbelese vrou en ’n vreeslik lojale vriendin.

Maar die beste manier om haar op te som, sê Cass, is om haar te beskryf as ’n buitengewoon goeie ma vir haar twee dogters, Jalien en Heleen.

Dit waarvan Reyneke verdink word, is vir haar ook ’n baie groot skok.

Iemand wat Reyneke van skooldae in Windhoek ken, sê sy was hoofmeisie daar en nog altyd ’n slim mens wat respek by ander afgedwing het.

“Ons is geskok en hartseer. Ons weet nie wat haar tot so iets kon gedryf het nie. Dis nie Manda nie.”

Helberg sê haar seun is “ ’n maklike kind om op verlief te raak”.

Hy is suksesvol, nederig, nie ’n lelike mens nie, skinder en kla nie, en “almal is lief vir hom”.

“Daar het baie gebeur waarvan ons nie eens weet nie.”

Helberg is ’n opkomende jong vleuel wat al vir die Bulls en die Blou Bulle gespeel het, asook die Springbok Sewes.

Hy het ’n moeilike tyd agter die rug: Benewens die beweerde teistering deur mev. Reyneke, was hy ook in Desember verlede jaar op ’n vlug van Kaapstad na George wat ’n noodlanding moes doen.

Hy en die ander passasiers het ’n noue ontkoming gehad toe die vliegtuig op ’n nat aanloopbaan by die George-lughawe gegly het.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.