Blou Bul glo afgepers

2010-09-02 06:33
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Blou Bul-stut Bees Roux het ná ’n beweerde besope kuieraand in onder meer ’n berugte ontkleeklub in Pretoria vermoedelik in die hande van ’n afperser in die metropolisie beland.

Roux het tot in die vroeë oggendure in die klub Flamingo’s in Kerkstraat gekuier voordat hy deur Tshwane-metropolisielede afgetrek is.

Ná ’n voorval waarin een van dié lede dood is, is Roux in hegtenis geneem weens moord.

Pieter Crous, eienaar van Flamingo’s, het gister gesê lede van die Tshwane-metropolisie wag sy kliënte in die oggendure in, waarna hulle opgelaai en na kitsbanke geneem word.

“Die kliënte moet dan geld trek en aan die metropolisielede gee, of hulle word weens dronkbestuur in hegtenis geneem.”

Crous het bevestig Roux en ’n vriend was Vrydagoggend in sy klub. ’n Persoon wat ook in Flamingo’s was, het gesê Roux en sy vriend het kort voor middernag “reeds dronk” daar aangekom. Roux het die klub ná 01:00 verlaat.

Roux het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van moord op sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) en weens dronkbestuur. Hy is op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Rudi Krause, sy regsverteenwoordiger, het in die borgtogaansoek gesê Roux was ’n “slagoffer van diefstal deur ’n metropolisiebeampte”.

Die Tshwane-metropolisie het ’n interne ondersoek begin na Mohale en sy twee kollegas wat Roux afgetrek het. Dié ondersoek sal die vierde interne klag wees wat teen Mohale ondersoek word.

Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-munisipaliteit se departement van gemeenskapsveiligheid, wou nie een van die klagtes bevestig nie. Hy het wel gesê die interne ondersoek wat die metropolisie na Mohale se moord doen, is “standaard- prosedure”.

“Ons werk saam met die polisie om die saak te verstaan.” Hulle kyk onder meer na die proses wat gevolg is nadat Roux weens dronkbestuur afgetrek is.

Roux is nie in hegtenis geneem of geboei nie. Mohale het agter die stuurwiel van Roux se motor ingeklim en met hom rondgery.

Waar hulle oral rondgery het, kon teen druktyd nie bevestig word nie. Hulle het wel weg van die naaste polisiekantore in Sunnyside en Brooklyn gery.

Dikeledi Lehobye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, het die middag ná Mohale se dood gesê die metropolisielede was op pad om Roux na sy huis te neem toe die voorval plaasgevind het.

Drie ander interne ondersoeke is al gedoen waarby sers. Johannes Mohale betrokke was, het Die Burger by vier onafhanklike betroubare bronne verneem. Die ondersoeke was na:

    * Diefstal en wanordelike optrede in Julie 2007;

    * Pligsversuim en onprofessionele gedrag in November 2008; en

    * Growwe nalatigheid, die pleging van ’n daad wat skadelik vir die raad is en pligsversuim in Desember 2008.

Nie een van dié ondersoeke of tugverhore is afgehandel nie. 

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: bees roux  |  moord  |  blou bul

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Oki sê... Ek stem altyd saam met jou. Ons koppe werk in dieselfde rigting. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.