Blommeverkoper skuldig aan moord
2010-09-09 21:07
Kaapstad – ‘n Blommeverkoper van Kaapstad is skuldig bevind aan die moord van ‘n vrou van Bergvliet.
Hy het haar blykbaar in haar kar voor haar huis doodgeskiet.
Die beslissende bewyse teen Gershwin Hartzenberg (23) was sy vingerafdrukke op die kar.
Die hof het hom ook skuldig bevind op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, sowel as die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Jane van Zyl (55) was in haar kar voor haar huis in Bergvliet, toe Hartzenberg haar die 13de April 2008, in die kop geskiet en haar handsak gesteel het.
Regter Siraj Desai het ook bevind dat Hartzenberg ‘n maand vantevore vir Linda Heeger voor haar huis in Nuweland met ‘n geweer beroof het.
Hartzenberg se vingerafdrukke was op beide Heeger en Van Zyl se karre gevind.
Sy verweer dat hy sy vingerafdrukke op hul karre gelos het toe hulle blomme by hom gekoop het by ‘n verkeerslig, is deur die hof verwerp.
Volg Nuus24 op Twitter.