Bloemspruit gevaarlikste in hele SA

2011-09-16 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die gevaarlikste woongebied in die land is Bloemspruit, die kleinhoewe- en informele nedersettingsgebied oos van Bloemfontein.

Dié digbevolkte woongebied is bo-aan die lys vir moord, poging tot moord en aanranding.

Die moordkoers vir Bloemspruit is meer as 170 vir elke 100 000 mense – amper ses keer die nasionale gemiddeld van 31 moorde per 100 000.

Media24 Ondersoeke en die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het die nuutste misdaadstatistieke wat verlede week uitgereik is, verwerk om te bepaal waar in die land die risiko die grootste is om ’n slagoffer van geweldsmisdaad te word.

Misdaadstatistieke vir ’n gegewe buurt gee die mees akkurate insae oor misdaadneigings, teenoor die SAPD-statistieke, wat net ’n saamgestelde syfer is.

Die Wes-Kaap het sewe polisiewyke onder die toptien – van Milnerton tot polisiewyke op die Kaapse vlaktes.

In Noordwes is net Boitekong op die toptienlys.

Bloemspruit is die enigste Vrystaatse wyk wat op die landwye toptienlys voorkom en die skrikwekkende syfers word weerspieël in jare se verslaggewing in die plaaslike pers oor plaasmoorde, aanvalle op bejaardes, huisbraak en verkragting.

’n Tekort aan polisievoertuie, polisie wat laat opdaag by misdaadtonele en ’n gebrek aan terugvoer oor ondersoeke het ook die afgelope paar jaar aan die lig gekom.

Lizette Lancaster, projekbestuurder vir die ISS se misdaad-en-regsinligtingsgroep, waarsku dat hierdie statistieke net die grootste polisiewyke in die land vergelyk wat gemeenskappe van meer as 45240 mense bedien.

In die Vrystaat is die mees geteisterde groot wyke, naas Bloemspruit en die aangrensende Boithuso, Kagisanong en Mangaung in Welkom, Phuthaditjhaba, Bothaville en Sasolburg. Die besige Parkweg-polisiewyk in die suidweste van Bloemfontein is op die toptwintiglys vir aanranding.

“Polisiekantore wat relatief min mense bedien, het dalk net een of twee moorde per jaar, maar dit veroorsaak ’n geweldige styging in die kurwe,” het Lancaster gesê.

Sy verduidelik dat die polisie se jaarlikse syfers nie wys hoe misdaadneigings verander of waar risiko’s die grootste is nie.

“Hulle neem die totale Suid-Afrikaanse bevolking en deel dit deur die totale getal moorde. Sodoende sal 100 moordsake in ’n plek soos Hillbrow, met meer as 258107 mense in dieselfde lig beskou word as 100 moordsake op Hogsback, met minder as 2000 inwoners.”

Brig. Billy Jones, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê Bloemspruit is ’n groot en uiteenlopende gemeenskap van verskillende nasionaliteite en verskillende ekonomiese sektore.

Jones sê die polisie fokus op drankwinkels om die Drankwet af te dwing en verkoop van alkohol aan minderjariges te stop. Hulle stop en deursoek mense gereeld om verdagtes vas te trek met messe en vuurwapens wat in kontak- en eiendomsmisdade gebruik kan word.

Riaan du Plessis, die hoofproefbeampte by die Mangaungse eenstopsentrum vir kindergeregtigheid, sê alle regeringsdepartemente, nie-regeringsorganisasies en die polisie werk op die oomblik saam in Bloemspruit om misdaad te probeer uitwis.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

piet.dejager.9 sê... Jy is reg Ederik. Die klem moet lè op "bereid om te werk" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 169,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.