Bloemfontein-boer vermoor
2011-11-28 07:00
Bloemfontein – Die eienaar van die vulstasie by die Tom's Place-oord en boer buite Bloemfontein is Saterdagaand in 'n vermoedelike plaasaanval doodgeskiet.
Thomas Ferreira (54) se lyk is deur sy suster, Michelle, en van sy werkers sowat 500 meter van sy huis gekry.
Volgens sy suster het haar broer se vrou, Mariëtte, haar gevra om hom te soek toe sy hom nie in die hande kon kry nie. Sy bly in Bloemfontein en mnr. Ferreira was alleen op die plaas.
Michelle Ferreira sê haar broer is drie keer in die lyf geskiet en het vermoedelik aan sy wonde beswyk toe hy op pad na sy werkers was om hulp te soek.
Dit was Sondagaand onbekend hoeveel aanvallers betrokke was en of enigiets gebuit is.
Die polisie was teen Sondagaand laat steeds op die toneel.
Volg Nuus24 op Twitter
- Volksblad