Bloedspoor in Mpumalanga

2010-09-02 07:14
Tweets Share Share line Print

Die toneel gister naby Springs waar lede van ’n bende rowers eindelik aangekeer is.(Felix Dlangamandla, Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Vyf rowers en ’n vragmotorbestuurder is gister doodgeskiet in ’n waaghalsige vlaag van misdade wat oor sowat 75 km tussen Kinross in Mpumalanga en Springs gestrek het.

’n Bende swaar gewapende rowers het vroegoggend eers die inwoners van drie huise in Kinross aangehou en beroof voordat hulle twee mense met messe aangeval en met duisende rande en besittings in vier wegkommotors gevlug het.

Volgens lt.kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het die rowers in Devon se rigting gevlug en glo verdwaal. Hulle het verby die Devon-polisiekantoor gery terwyl beamptes juis besig was om uit te jaag om na hulle te soek.

Dít nadat ’n jong seun glo tydens een van die rooftogte uit sy huis ontsnap en die polisie ontbied het.

“Die rowers het op die polisie losgebrand. Niemand is beseer nie en die beamptes het hulle agternagesit.”

Op die R29-pad (Ermeloweg) net buite Devon het die polisie op een van die wegkommotors, ’n minibus, losgebrand om dit tot stilstand te bring. Die rowers het toe probeer om ’n vragmotor te kaap en die bestuurder daarvan doodgeskiet.

Toe het hulle ’n rooi Mazda gekaap. In die daaropvolgende skietgeveg is drie rowers doodgeskiet, terwyl die res in die rigting van Springs gejaag het.

Springs-polisiebeamptes en Ekurhuleni-metropolisielede het egter van daar af op die rowers afgejaag en die boewe net buite die dorp aangekeer.

“’n Massiewe skietgeveg het uitgebreek en die Mazda is van die pad gestamp,” het Opperman gesê. Die rower wat die Mazda bestuur het, is dood toe die motor gerol het en nog een is doodgeskiet. Twee polisiebeamptes is in die ongeluk beseer.

Opperman het bevestig vier rowers is gearresteer – drie by Devon en een by Springs. Sewe vuurwapens, waaronder ’n R5-aanvalsgeweer, verskeie van die besittings en die vier wegkommotors (’n BMW, Toyota Condor, bakkie en minibus), is teruggevind.

Die polisiehelikopter is later ontbied om na minstens een rower wat gevlug het en duisende rande wat glo gebuit is, te soek.

Mev. Feroza Ismail het geskok vertel sy, haar vyf kinders, twee huiswerkers en veiligheidswag is in hul huis in Gardinastraat in Kinross oorval en beroof.

“Hulle het ’n foto van my man, Faizel, wat by die werk was, aan my dogter gewys en gesê hulle soek hom.”

Die Ismails besit verskeie sakeondernemings. Volgens Ismail is “derduisende rande”, juwele en sowat 30 selfone by hulle gebuit.

“Hulle het ons vasgebind en aangerand en twee van ons bouers met messe in die kop gesteek. Een is bedenklik in die hospitaal.”

Brig. Jeshop Shabangu, Springs-polisiebevelvoerder, het die betrokke polisiebeamptes vir hul dapperheid geprys.

“Polisie 5 – rowers 0,” het hy gesê.

Volg Beeld op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: skietery  |  rooftog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Monica sê... Adoons ek wens elke moordenaar en verkragter wil dood neerslaan. Ek haat die gemors Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

COOPER S CONVERTIBLE
2006
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2005
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.