'Bloedgeld' gebruik in verkiesings – Nzimande
2011-11-01 12:12
Johannesburg – Dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, het die regerende drieparty-alliansie daarvan beskulding dat hulle "bloedgeld" gebruik om stemme in leierskapverkiesings te koop.
Nzimande het aan Business Day gesê die ANC, Cosatu en die SAKP gebruik geld om stemme te koop.
"Dit is bloedgeld wat dikwels deur korrupsie verkry is. Hulle koop afgevaardigdes. Ons moet daardie fenomeen doodmaak," het hy gesê.
"Indien die mense ons regering kan vat, sal hulle die land aan die hoogste bieër verkoop."
Nzimande het gesê lede van die alliansie is gefokus op die opvolgdebat en dít dit verhoed die regering om sy pligte uit te voer.
"Hulle wil die organasies vir die verkeerde redes koop, vir doeleindes van persoonlike gewin."
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het verlede maand gesê leierskap en sakebelange oorvleuel en dít is een van die grootste bedreigings vir die ANC.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA